AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Gordhan: Min verrassings vir landbou

Geld vir verbeterings aan OBP se laboratorium vir entstowwe is van die items wat in die Begroting aandag gekry het.

Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) het reeds R63 miljoen van sy begrote R492 miljoen bestee om sy laboratorium vir die vervaardiging van entstof te bou en te moderniseer, het mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies, in sy Begrotingsrede gesê.

Van die R6,7 miljard wat die Tesourie vir die 2014/’15 geldjaar aan die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye toegestaan het, gaan R708 miljoen aan infrastruktuur.

Die departement het reeds 74 mobiele klinieke aangekoop sodat 1000 veeartse teen 2015 regoor die land aangestel kan word.

Om voorvalle van bek-en-klouseer te bestuur, is R102 miljoen van die begrote R250 miljoen al bestee om die heinings langs die grens met Zimbabwe en Mosambiek te herstel.

Bek-en-klouseer
Die land het onlangs weer sy status vry van bek-en-klouseer herwin nadat ’n verbod in 2011 op die uitvoer van vleisprodukte weens die siekte ingestel is. Die departement sal verder oor die mediumtermyn-bestedingsraamwerk (MTBR) nog R90 miljoen vir die grensheining bestee.

Altesaam R3,5 miljoen is reeds bestee van die begrote R54,6 miljoen vir die kwarantynstasie by Stellenbosch om geboue en laboratoriums te onderhou. Onderstepoort Biologiese Produkte het teen Desember reeds R63 miljoen van sy begrote R492 miljoen bestee om sy laboratoirum vir die vervaardiging van entstof te bou en te moderniser.

Die departement beplan om in die komende boekjaar vloedbystand in Limpopo, die Wes-Kaap en Mpumalanga te verleen. ’n Bykomende R209 miljoen is oor die MTBR hiervoor begroot.

Ontluikende markte
’n Bykomende R50 miljoen sal in die komende geldjaar asook in die 2016/’17-geldjaar aan die Land Bank gegee word vir die inwerkingstelling van die kleinhandelmodel vir ontluikende markte.

Die Nasionale Landboubemarkingsraad kry R36,9 miljoen vir die 2014/’15-geldjaar, Ncera-plase R3,6 miljoen, die OBP kry R116 miljoen en die Raad van Toesig op die Uitvoer van Bederfbare Produkte (PPECB) kry R258 miljoen.

Altesaam R50 miljoen is by die Departement van Omgewinsake vir die volgende twee geldjare begroot om renosterstropery, hoofsaaklik in die Sanparke, te bekamp. ’n Verdere R28 miljoen is oor die MTBR begroot vir die herstel van infrastruktuur in dié parke wat deur rampe veroorsaak is.

Op sy beurt het die Departement van Waterwese R934 miljoen begroot vir die inwerkingstelling van water- en rioolwaterprojekte in groot maat. Die toelaag vir waterinfrastruktuur by munisipaliteite, wat verlede jaar ingestel is, sal na verwagting van die huidige R603 miljoen na R2,8 miljard in die 2016/’17-geldjaar styg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot