
Vanjaar se Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar, die 35-jarige mnr. Johan van Huyssteen, is van die plaas Bloekom buite Virginia, waar hy saam me sy pa, ook Johan, boer. Vanjaar se ander twee finaliste was mnre. Willie Stols van Vierfontein en Herman Archer van Trompsburg.
Van Huyssteen sê hulle verkies spesialisering eerder as diversifisering. Die beste manier van doen word in alles oordink en beplan. Die belangrikste verandering wat hy na die boerdery gebring het, was vooraanplant-voorbereiding met presisietoerusting.
Hulle doen ook nie meer topbemesting nie, en vind dit dra tot beter wortel-ontwikkeling by. Hul 2500 ha mielies dra 100% tot die boerdery-omset by. Hy is ook ’n aktiewe lid van die gemeenskap en plaaslike landbouvereniging, en is tans voorsitter van hul brandvereniging.
Mnr. Johan van Huyssteen (naaslinks) van Virginia is die nuwe Vrystaatse Jongboer van die Jaar. Van links is sy vrou, me. Juanita van Huyssteen, en mnre. Brendan Jacobs en Danie Retief van Standard Bank, borg van die kompetisie. Foto: Francois Seymore.