
Graan SA het in 'n dringende hofaansoek geslaag om die Regering te dwing om die nuwe invoertarief vir koring te publiseer.
Die nuwe invoertarief van R1 591,40 per ton het reeds op 24 Mei 2016 ingeskop, maar die Regering sleep voete om die tarief te publiseer, sê mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, in 'n nuusverklaring.
Luidens die verklaring het 'n hof ten gunste van die dringende aansoek deur Graan SA beslis dat die Regering die nuwe tarief moet publiseer. Die hof het die SA Inkomstediens gelas om die nuwe tarief in die Staatskoerant te publiseer, nie later publiseer nie as Woensdag, 24 Augustus 2016.
De Villiers sê die 'n hartseer dag as die Regering hof toe gesleep moet word, “maar ten minste het dit vir ons gewerk.”
Dit het die betrokke staatsdepartemente 60 werksdae geneem sonder 'n verbintenis met betrekking tot wanneer die tarief gepubliseer sal word.
De Villiers sê die Suid-Afrikaanse koringmark het byna tot stilstand gekom weens al dié onsekerhede en vertragings.