AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Graanboer van die Jaar aangewys

Die Graanprodusent van die Jaar is ? boer van Delmas, mnr. Jozua du Plessis.

Mnr. Jozua du Plessis van die plaas Middelbult by Delmas is vanjaar Graan Suid-Afrika/Syngenta se Graanprodusent van die Jaar. Hy het dié gesogte toekenning op ‘n onthaal in Kyalami, Gauteng, ontvang waar GSA sy jaarlikse toekennings aangebied het.

Die wenner het die toekenning van mnr. Antonie Delport, besturende direkteur van Syngenta Suid-Afrika, en mnr. Jaco Minnaar, voorsitter van GSA, ontvang.

Du Plessis en sy vrou, Sonja, en twee van hul seuns, Jozua junior en Chandré, boer met Bt-vrye mielies, sojabone, sojaboonsaad, koring, aartappels en Bonsmara-beeste onder besproeiing en droëland. Hul ander seun, Ruan, het sy eie besigheid.

Al die boere in SA

Du Plessis het gesê weens die al die probleme, soos die droogte en ekonomiese toestand, moet ál die boere van Suid-Afrika eintlik saam met hom op die verhoog staan, “want Suid-Afrika se boere is die beste in die wêreld om al dié aanslae te weerstaan”.

Delport het gesê slegs buitengewone mense kan vandag in die landbou staande bly en vooruit boer. Daar is baie uitdagings, maar ook baie geleenthede weens die stygende vraag na voedsel. “Ons staan midde-in die perfekte storm weens klimaatsverandering, groot risiko’s, beperkte waterbronne en onstabiele politieke omstandighede,” het hy gesê en bygevoeg dat dit boere dwing om oplossings te soek. Hulle moet slim boer.

Al lyk 1% vooruitgang op ‘n keer min, maak dit mettertyd groot vordering moontlik. Moenie twee keer dieselfde foute maak nie, maar ook nie twee keer ‘n geleentheid mis nie. Maak die gaping tussen goed en uitstekend kleiner. “Ons staan voor buitengewone uitdagings, maar gelukkig het ons buitengewone boere,” het hy gesê.

Byskrif: Mnr. Jozua du Plessis (naaslinks) wat as Graanprodusent van die Jaar bekroon is, is hier saam met, van links, mnre. Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA, Antonie Delport, besturende direkteur van Syngenta Suid-Afrika, en Jaco Minnaar, voorsitter van GSA. (Foto: Charl van Rooyen)

graanwen1.jpg-600

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.07
+0.1%
Rand - Pond
20.85
+0.2%
Rand - Euro
18.61
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.07
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
1,027.47
+1.6%
Palladium
1,677.03
+0.4%
Goud
1,916.01
+0.2%
Silwer
23.51
+0.2%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,629
0.0%
Alle aandele
79,802
0.0%
Hulpbronne 10
74,686
0.0%
Industriële 25
102,624
0.0%
Finansiële 15
16,551
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maat
Dis nie maklik om oor jou self teskryf nie , maar hier gaan ons ! Ek is opreg en kan vertrou word , hou glad nie van om eimand seer temaak of mislei nie , ek is ook ma net n...
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot