AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9817
43,00
CORN
30 Mrt
-
4139
-12,00
SOYA
30 Mrt
-
8200
-43,00
SUNS
30 Mrt
-
8815
-4,00
WEAT
30 Mrt
-
6674
-5,00
WMAZ
30 Mrt
-
3843
-8,00
YMAZ
30 Mrt
-
4055
-11,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Graanboere verheug oor mielies vir China

Gooi mielies! Dis die boodskap nadat 'n protokol vir die uitvoer van mielies na China onderteken is.

Die vreugdevure brand hoog in Suid-Afrikaanse graankringe nadat ’n amptelike protokol vir die uitvoer van Suid-Afrikaanse mielies na China uiteindelik onderteken is.

Dít open ’n reuse-internasionale mark vir die RSA se mielies, en lê ’n stewige fondament vir toekomstige groei van die nasionale landbousektor.

China moes die laaste vyf jaar gemiddeld 2,9 miljoen ton mielies per jaar invoer – van 980 000 ton tot so veel as 5,2 miljoen ton – omdat sy plaaslike invoere te kort geskiet het om in die land se graan-behoefte te voorsien.

Die algemene verwagting is dat dié land net vir die September 2015-bemarkingsjaar 2,5 miljoen ton mielies gaan moet invoer, sê mnr. Jannie de Villiers, Graan SA se uitvoerende hoof.

China het tot dusver gewoonlik Amerikaanse mielies ingevoer, maar het sedert 2013 ook uit Argentinië en die Oekraïene begin invoer.

Suid-Afrika het ’n voordeel bo mededingers in die mielie-uitvoermark danksy sy gunstige ligging en sy boere se vermoë om van die beste kontantgewasse te produseer. SA boere produseer byna deurlopend oorskot-mielies, wat nie net verbruikers bevoordeel deur bekostigbare stapelvoeding te voorsien nie, maar ook tot die land se uitvoerverdienste bydra, sê De Villiers.

Permanente uitvoermarkte, soos China, sal plaaslike boere aanmoedig om voort te gaan om oorskotte te produseer, wat ook Suid-Afrika se eie voedselsekuriteit sal verseker.

Die ondertekening van die China-protokol is die vrug van jare se harde werk agter die skerms deur amptenare van beide Graan SA en die Regering. Dié proses is in 2011 al deur mnr. Neels Ferreira, vorige Graan SA-voorsitter, en me. Tina Joemat-Pettersson, vorige Minister van Landbou, begin.

De Villiers wens landbouminister Senzeni Zokwana geluk, wat pas die fitosanitêre protokol-ooreenkoms met sy Chinese eweknie, minister Zhi Shuping, onderteken het. Hy sonder ook dr. Julian Jaftha en mev. Alice Baxter van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, vir hul onbaatsugtige bydrae uit.

“Hierdie beteken werklik baie vir die mense van Suid-Afrika en die boere wat ons nasie voed,” sê De Villiers in sy reaksie.

Die vestiging van nuwe en potensieel volhoubaarder uitvoermarkte was die laaste jare een van Graan SA se sleutel-fokuspunte. Innoverende planne word voortdurend gemaak om dié doelwit te bereik en gevestigde uitvoermarkte na buite Afrika ook uit te brei, hetsy in Asië, die Midde-Ooste of selfs verder, sê De Villiers.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.08
+0.1%
Rand - Pond
22.35
-0.2%
Rand - Euro
19.63
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.13
-0.2%
Rand - Jen
0.14
-0.1%
Platinum
968.59
+0.9%
Palladium
1,438.35
-0.7%
Goud
1,966.84
+0.1%
Silwer
23.60
+1.2%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,437
+0.8%
Alle aandele
77,060
+0.8%
Hulpbronne 10
67,747
+1.6%
Industriële 25
103,782
+0.5%
Finansiële 15
15,709
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot