AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9564
64,00
CORN
29 Sep
-
4791
14,00
SOYA
29 Sep
-
9260
40,00
SUNS
29 Sep
-
10064,8
191,80
WEAT
29 Sep
-
7099
28,00
WMAZ
29 Sep
-
4881,2
-0,80
YMAZ
29 Sep
-
4841
13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

GrainCo bied SA lusern aan die wêreld

Die oprigting van ’n lusernpers­aanleg in Kimberley in die Noord­-Kaap kan ’n ommekeer in die land se uitvoerbedryf van lusern teweegbring.

AlphaAlfa, ’n filiaal van BKB Beperk, het pas ’n hoëdigtheidspers en die maatskappy se planne om uitvoerlusern as ’n Suid­-Afrikaanse gehalte­handelsmerk te vestig, bekend gestel.

Die pers, die eerste in sy soort in Suid-­Afrika en soortgelyk aan die soort wat algemeen in Amerika gebruik word, is in Kimberley opgerig en sal produsente binne ’n radius van 150 km bedien. Mnr. Ben Vermooten, uitvoerende hoof van die BKB-­filiaal GrainCo, sê dié belegging is die eerste stap om lusern vir die uitvoermark binne die vereistes van die wêreldmark te kry.

AlphaAlfa se nuwe Steffen­pers van sowat $2 miljoen sal normale sesstringbale van geskikte gehalte onder hoë druk dubbel in ekstrahoëdigtheidbale saampers. Die pers bied ’n verdere drukking van 30% bo die vermoë van die heel beste mobiele balers wat nou op die mark beskikbaar is. Dít verseker heelwat logistieke en opbergruimte­besparings.

Die pers sal ook gehalteverbetering in die hand werk deurdat die bale deur ’n aanlyn­vogtoetser sal gaan en in die fabriek middeldeur gesny sal word vir inspeksie. Met dié resultate sal gehaltewaarborge gegee kan word.

’n Ten volle ingerigte, internasionaal geakkrediteerde laboratorium sal ook op die terrein opgerig word. Bale word met verskillende afmetings gepers en in plastiek toegedraai om blaar­ en vogbehoud te verseker. Die produk sal danksy die verpakking en gehaltewaarborg met net die heel beste uitvoerlusern op die mark kan meeding.

“Ons oogmerk is om binne die volgende vier jaar sowat 200 000 ton lusern met die pers te herverpak en as dit nodig is, nog ’n pers aan te skaf,” sê hy.

Volgens Vermooten is meer produsente nou nodig om leweringsooreenkomste aan te gaan. “Vroeër het min lusernprodusente aan die uitvoermark deelgeneem, vanweë kapitaalbeperkings van minstens R5 miljoen per produsent vir die nodige toerusting. Produsente met kleiner trekkers en balers kan nou aan AlphaAlfa lewer en ’n hoë premie vir gehalte verdien.”

Hy voorsien ook dat die nuwe pers die toegang van plaaslike lusern na die internasionale dollar­mark vergemaklik omdat dieselfde standaard gehandhaaf word. “Meer boere kan ook nou onregstreeks in die uitvoermark meeding deur hulle lusern aan ons te lewer. Ons bied ook gunstige insetfinansiering en produsente kan verseker wees van ’n dollargebaseerde prysbasis," sê hy.

Mnr. Fanie Brunette van GrainCo sê BKB het ’n aantal sleutel­inisiatiewe geïdentifiseer waarmee hulle boere in ’n 150 km­radius om Kimberley sal help om verskaffingskontrakte te sluit.

Die plan is dat BKB die hooi by ’n boer sal koop teen die prys van die dag en, ingevolge seisoenskontrakte, dit saampers en uitvoer of binnelands verkoop. Die beraamde produksiepotensiaal in die gebied om Kimberley is tot 400 000 ton.

Voorheen is lusern as wisselbougewas ingespan, sê Fanie, maar teen heersende pryse (tot R3 000/ton vir die beste lusern) vaar boere dikwels beter met lusern as met ander gewasse en talle skakel daarna oor.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-1.0%
Rand - Pond
19.44
-0.1%
Rand - Euro
17.39
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.63
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,643.89
-1.0%
Silwer
18.56
-1.8%
Palladium
2,141.00
-0.5%
Platinum
851.00
-1.8%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,584
-1.4%
Alle aandele
62,955
-1.3%
Hulpbronne 10
57,668
-0.4%
Industriële 25
77,401
-1.4%
Finansiële 15
13,733
-2.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot