
Kenners hoop die nuwe regering van pres. Mauricio Macri kan Argentynse beesvleis-uitvoer laat herstel danksy markhervormings en ’n swakker wisselkoers. Macri se regering het reeds uitvoerbelastings en kwotas verminder vir kommoditeite, soos mielies, beesvleis en soja.
Mnr. Roberto Viton van die raadgewende maatskappy Valoral sê gegewe die groot mielie- en sojavoorraad wat gevolg het op deregulering, behoort daar aansporing te wees vir boere om van dié voorraad in bees- en varkvleis te omskep.
Hoewel daar nog nie veel belegging in die rooivleissektor te bespeur is nie, is daar tekens dat Argentynse veeboere begin om hul kuddes op te bou. Viton sê dit sal ’n ruk duur voordat boere en beleggers oortuig is dat die beleidsverandering hier is om te bly.
Bron:
Agrimoney