“Ons moet onsself toenemend voorberei om ’n groen groeistrategie vir die landbou te ontwikkel wat ondersteun word deur onbevooroordeelde navorsing,” sê dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer (LBK).
Purchase het tydens die gekombineerde kongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Gewasproduksie, Grondkunde, Tuinbouwetenskappe en Onkruidwetenskap by die Universiteit van Pretoria in Gauteng gesê in terme van rentmeesterskap, moet bykomende geld van die openbare en private sektore verkry word om kwessies aan te spreek soos klimaatverandering, die verlies van biodiversiteit en die volhoubare bestuur en gebruik van hulpbronne.
Verbeterde produktiwiteit en die aanvaarding van volle rentmeesterskap vorm die grondslag vir die strewe na doeltreffendheid en volhoubaarheid. En die wetenskap is die kern vir verbeterde produktiwiteit en verantwoordelike rentmeesterskap, het Purchase gesê.
19 Januarie 2011