AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Groener Suid-Afrika nou in Eskom se visier

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Sean Christie
Ter illustrasie. Foto: Sean Christie
Suid-Afrika sal teen 2040 reeds 50% meer toegerus wees met waterstof- en koolstofvrye stelsels wat hernubare energie optimaal benut as dit van mnr. André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, afhang.

De Ruyter het gesê Suid-Afrika staan aan die voorpunt om oor te skakel na omgewingsvriendeliker energiestelsels wat natuurlike energie wil omarm om sodoende die gebruik van fossielbrandstowwe drasties te verminder.

Maar om dit te doen, het Eskom “biljoene en biljoene” rande nodig om hom heeltemal te rekonstruktueer in ’n poging om buitelandse beleggings vanuit die private sektor te lok.

Dít het De Ruyter duidelik gemaak op die jaarlikse Enlit Afrika-energiekonferensie in Kaapstad voor ’n groot gehoor waarin verskeie buitelandse hooggeplaastes in die energiewêreld teenwoordig was.

Volgens hom is die Suid-Afrikaanse regering ernstig om Suid-Afrika se energiestelsel te transformeer en wil Eskom die plan spoedig uitvoer, terwyl dit steeds sy ekonomiese doelwitte haal. Dít sal die groot trekpleister wees vir verskeie plaaslike en internasionale beleggers.

Dit gaan egter nie nét die belastingbetaler se beursie raak nie, maar nes Eskom ook op internasionale finansiering staatmaak, probeer die maatskappy om nou meer steun vanuit die private sektor te wen.

“Die proses om oor te skakel na natuurlike energie is onvermydelik. Juis daarom het Eskom beleggers nodig om ’n volhoubare infrastruktuur daar te stel,” het hy gesê.

Hoewel dit ’n projek is wat biljoene rande gaan kos, is dit haalbaar, meen De Ruyter. 

Werksgeleenthede

“Ja, daar gaan heelwat mense wees wat hul werk op steenkoolmyne gaan verloor. Maar volgens navorsing gaan daar tot 160 000 nuwe werksgeleenthede – wat meer gaan wees as die verlies – geskep word.

“Om oor te beweeg na die gebruik van hernubare energie en weg van steenkool is nie ’n proses wat gevrees moet word nie. Dit gaan baie nuwe geleenthede vir Suid-Afrika en sy mense skep.”

Du Ruyter beoog om ’n groener Suid-Afrika oor die volgende 10 jaar te skep. Die projek gaan na raming sowat R131 biljoen kos. Daarmee gaan onder meer 8 000 km tot 10 000 km se energieoordraglyne gelê en 101 nuwe substasies gebou moet word. Daar moet ook 3 000 MW tot 6 000 MW se gasgedrewe infrastruktuur ontwikkel word.

Mnr. Bernard Rey, hoof van afvaardiging tussen die Europese Unie (EU) en Suid-Afrika, het beklemtoon Europa staan bankvas agter Afrika in die vasteland se poging om groener ontwikkelingstelsels te vestig en ondersteun die regering se doelwit om ’n “skoonenergietoekoms” vir komende generasies te skep.

Hy het gesê die EU onderneem om €150 biljoen (sowat R2 triljoen) aan Afrika te skenk om klimaatsverandering te steun. Dit is aansienlik meer as die $8,5 biljoen wat die EU op die veelbesproke Cop26-beraad einde verlede jaar in Glasgow, Skotland, onderneem het.

Maar dit is Suid-Afrika se behoefte aan stabiliteit – midde-in die transformasieproses – wat hom steeds van steenkool afhanklik maak.

De Ruyter het gesê Suid-Afrika gaan lank ná 2035 nog steenkool gebruik.

“Suid-Afrika se ekonomie is geskiedkundig gegrond op steenkool. Die land kan hierdie amper eeue lange bydrae van die steenkoolbedryf nie miskyk nie. Daarom het ons ’n morele en maatskaplike verantwoordelikheid om daardie opbrengste te behou en nie bloot te verwerp en gemeenskappe sonder werk laat nie.”

Hy het gesê dit is ’n verandering wat nie gevrees moet word nie, maar een wat almal eerder moet aangegryp.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.29
+0.5%
Rand - Euro
19.66
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.5%
Platinum
954.43
-0.6%
Palladium
1,435.63
+1.3%
Goud
1,963.48
-0.5%
Silwer
23.19
-0.6%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,878
+0.6%
Alle aandele
76,455
+0.5%
Hulpbronne 10
66,584
+0.2%
Industriële 25
103,407
+1.1%
Finansiële 15
15,600
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot