Die skielike verbod wat die twee lande onlangs ingestel het op sekere produkte, hoofsaaklik groente uit Suid-Afrika, het daarom as ’n skok gekom. Dit hou ooglopende gevolge in vir Suid-Afrikaanse produsente en handelsverhoudinge tussen Suid-Afrika en die twee lande.
Dit het boonop kritiek ontlok, onder meer omdat dit indruis teen die beginsels van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sadu).
“Hierdie verbod is in stryd met die beginsels van Sadu,” skryf die nasionale landboubemarkingsraad (NLBR) in ’n artikel oor die verbod.