AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Grond: Afasa soek antwoorde by Nkwinti

Swart boere is bekommerd dat minister Gugile Nkwinti se “een huishouding, een hektaar”-projek hulle kan pootjie.

Die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) het ’n beroep op mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, gedoen om te verduidelik hoe sy beleid rakende die “een huishouding, een hektaar”-projek bestaande en reeds produktiewe plase sal beïnvloed wat met ondersteuningsprogramme van die Regering tot stand gebring is.

Nkwinti het verlede jaar begin om hierdie projek in provinsies uit te rol waar ’n huishouding een hektaar grond by die Regering kry op ’n gebruik-of-verloor-grondslag. Die inisiatief moet help om onder meer armoede te verlig en ’n beter klas swart, kleinskaalse boere op kommunale grond, én vir diegene op staatsgrond, te skep.

Mnr. Aggrey Mahanjana, sekretaris-generaal van Afasa, sê hulle verstaan die eerbare bedoeling van die voorgestelde beleid, maar wil verseker word dat produktiewe kommersiële plase van swart boere of die wat vir swart boere bedoel is, nie omgeskakel word in een hektaar grond nie.

Planne vir bestaande boere

Versekering word ook van Nkwinti gevra dat die groeiplanne van bestaande kleinskaalse boere nie geraak, of dat geldelike ondersteuning gestaak sal word en dat landbougrond nie net vir die “een huishouding, een hektaar”-projek aangekoop word nie, maar ook ten bate van kleinskaalse-, mediumskaalse- en kommersiële boere.

Mahanjana het aangedui dat indien nodig, ’n alternatiewe plan gekry moet word om hierdie beleid toe te pas om te keer dat bestaande en toekomstige medium- en grootskaalse kommersiële boerderye in die projek gekelder word.

Nkwinti het onlangs aangedui die voorgestelde beleid kan help om die produksiepotensiaal van landbougrond in die kommunale gebiede te ontsluit en dit ook ’n manier bied om individuele titelaktes vir begunstigdes daar te verseker. Die plan is om die projek in ooreenstemming met die program vir Agriparke te bring sodat ’n gevestigde mark daargestel word vir die produkte van huishoudings wat deel daarvan is.

In die Wes-Kaap

Mnr. Ismael Motala, voorsitter van Afasa in die Wes-Kaap, meen die toepassing van die beleid in dié provinsie kan problematies en kompleks wees siende dat daar reeds probleme met vorige grondhervormingsprogramme ondervind word. Die Witzenberg-vennootskap, die aandeelhoudingskemas en die vennootskap vir grondoplossings vir die landbou (PALS) het almal reeds gefaal om die grondkwessie in die provinsie op te los.

“Deur nóg ’n komplekse grondbeleid te bring, mag bydra tot die frustrasie van swart boere in die Wes-Kaap,” sê Motala.

Hy is ook bekommerd dat daar nie met Afasa of swart boere in die algemeen, samesprekings gevoer is oor die beleid  nie. “Hierdie soort houding is baie kommerwekkend,” het Motala benadruk.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot