AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Grond: AfriSake sal regsaksies steun

Verswakking van eiendomsreg sal lei tot ander vergrype in die land, want geen bate sal veilig wees nie, sê AfriSake.

Regsaksies teen die Regering oor eiendomsreg wat hy bedreig of misken, sal deur die sakeregtewaghond, AfriSake, gesteun word.

Die organisasie het ’n beroep op die sakegemeenskap gedoen om hom te mobiliseer ten einde eiendomsreg in die land te verseker. Dit kom nadat, in die nuutste wending van die Regering se pogings om landbougrond vir grondhervorming te bekom, ’n beleidsvoorstel die lig gesien het waar die Regering grondeienaars van 50% van hul grond wil ontneem deur ’n werknemersbesitskema.

Mnr. Cornelius Jansen van Rensburg, uitvoerende hoof van AfriSake, het gesê boere is nie net grondeienaars nie, maar ook sakelui. Indien hierdie beleid aanvaar sou word, skep dit die regsraamwerk vir die staat om die bates van enige sakeonderneming onder die werkers van daardie onderneming te verdeel, nie net plase nie.

Geen bate meer veilig nie
Indien dit moontlik sou word, is geen bate, roerend of onroerend, meer veilig nie. Eiendomsreg is in werklikheid die ekonomiese vergestalting van menseregte. “Die ANC-regering behoort bewus te wees dat eiendomsreg en burgerregte verweef is. Daarom meen AfriSake dat die ontneming of verswakking van eiendomsreg onvermydelik sal lei tot ander vergrype in die land."

Daar is meer as 13 wette, wetsontwerpe en beleidsdokumente wat eiendomsreg drasties inperk en wat Suid-Afrika duur te staan gaan kom, het hy gesê.

Afriksake het aangedui dat hy in Mei ’n verslag aan die sakesektor sal bekendstel waarin die veranderende regsraamwerk van eiendomsreg in Suid-Afrika ontleed word. ’n Handves van Regte sal ook geformuleer word ten einde die sakegemeenskap bewus te maak van sy regte.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my sielsgenoot
Ek is ń eerlike, opregte tipe man met vaste beginsels wat weet hoe om ń vrou met respek te behandel. Ek hou van reis, braai en dans.
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot