Gemeenskappe in die Noord-Kaap het ná ‘n dekade besluit om ‘n skikking rakende ‘n grondeis by die Lohatla-weermagbasis te aanvaar.
Gemeenskappe in die Noord-Kaap het ná ‘n dekade besluit om ‘n skikking rakende ‘n grondeis by die Lohatla-weermagbasis te aanvaar.
Luidens ‘n berig op Business Day (7 Desember) het die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling ander grond gevind om aan die Maremane en Gatlhose-gemeenskappe te gee. Dié twee partye was vir jare lank in ‘n regstryd gewikkel aangesien die gemeenskap duisende hektare waarop die weermagbais gebou is, geëis het.
Ander behuising
Van die lede van die gemeenskap het ooreengekom dat hulle ander grond sal aanvaar, terwyl ander geldelike vergoeding verkies het. Mnr. Thulas Nxesi, die adjunk-Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, het ‘n seremonie gelei waartydens die ooreenkoms bekend gemaak is.
Volgens Nxesi is ‘n bedrag van R35,5 miljoen goedgekeur vir geldelike vergoeding vir die Gatlhose-gemeenskap - as deel van die eerste fase van die ooreenkoms. Hy sê ‘n bedrag van R59,5 miljoen is aan die Koikanyang Trust oorbetaal vir die aankoop van ander grond. Die departement het sowat 17000 ha grond geïdentifiseer wat as die finale deel van en afhandeling van die eis sal dien.
Bron: Business Day
7 Desember 2010