
Die volgende ontleding van grondverkope in Suid-Afrika handel oor die grondtransaksies vir stukke grond groter as 20 ha in die Wes-Kaap vanaf Junie 2015 tot Mei 2016. Dié ontledings word op ‘n maandelikse basis gedoen met data van Windeed.
Altesame 499 ooreenkomste is in 29 distrikte in die Wes-Kaap gesluit en 254 315 ha is teen R3,894 miljard verhandel.
Daarvan was 30 transaksies met mense van kleur. Transaksies van kleur is dié tussen individue wat nie wit is nie, regeringsaankope en grond wat vir munisipale gebiede bekom is. In dié proses is 10 741 ha (of 4,2%) teen R523 miljoen (13,4% van die waarde) verhandel. Drie transaksies was vir die koop van landbougrond, 11 vir dorpsontwikkeling en 16 kan as private verkope geklassifiseer word.
Altesame 166 (33%) van die transaksies was vir grond kleiner as 50 ha, 126 (25%) vir grond van 50 ha tot 150 ha en 152 (30%) vir grond groter as 300 ha.
In tien van die distrikte het die pryse gedaal. Daarvan was slegs twee in die Karoo. Oorwegend wys die syfers op ‘n stygende neiging in die provinsie.
Van die distrikte waar grondpryse merkbaar gestyg het, is Vanrhynsdorp (41,1%), Prins Albert (26,7%), Calitzdorp (26,5%) en Robertson (25,2%).
Klik hier om na die ontledings van plaasverkope in elke provinsie en elke distrik in Suid-Afrika te kyk. Kyk na die ontleding van plaasverkope in die Wes-Kaap.