
In 13 van die 29 distrikte in die Wes-Kaap is dalende prysneigings die afgelope 12 maande waargeneem, waarvan een in die Karoo en die ander in die Wynland en westelike deel van die provinsie was. Dié provinsie toon egter oorwegend ’n stygende neiging in grondpryse.
Die volgende ontleding van grondverkope is van transaksies vir grond wat groter as 20 ha is in die Wes-Kaap van Oktober verlede jaar tot September vanjaar.
Altesame 532 ooreenkomste is in 29 distrikte gesluit (altesaam 269 436 ha teen R4,716 miljard). Daarvan was 22 transaksies van kleur.
Verhandelings
Dié soort transaksies sluit in verhandelings tussen individue, regeringsaankope van landbougrond en grond verkry vir stedelike ontwikkeling. Die bedrag wat van hande verwissel het, was 12,1 % van die totale waarde.
Uit die totaal was 164 (31%) transaksies vir grond kleiner as 50 ha, 143 (27%) vir grond van 50 ha tot 150 ha en 166 (31%) was vir grond groter as 300 ha.
In Vanrhynsdorp is 20 transaksies vir altesaam 19 372 ha aangegaan. Dié transaksies het die gemiddelde neiging van pryse in dié tydperk met 26,4% opgestoot tot 'n gemiddelde prys van R75 729 per hektaar.
In Albertinia is 14 transaksies beklink, en dit het die gemiddelde neiging in die 12 maande met 15,1% laat styg. Die gemiddelde prys oor die afgelope jaar was R12 990 per hektaar.
Altesaam 25 transaksies is in Caledon aangegaan, en die gemiddelde prys was R97 171 per hektaar oor die 12 maande.
Lees die verskillende afdelings van die ontledings van Plaasverkope op Landbou.com hier:
* Statistiek oor die verhandeling van landbougrond per distrik binne 'n provinsie vir die afgelope 12 maande.
* Opsomming: Meer besonderhede oor plaasverkope binne 'n distrik vir die afgelope 12 maande.
* Verspreiding bevat besonderhede oor die randwaarde per hektaar van transaksies in elke distrik van Suid-Afrika.
* Johann Bornman is 'n ekonoom en voorsitter van Agri Development Solutions.