Wit mense in Afrika het geen rede om skuldig te voel oor grond nie, sê ‘n boorling van die dorpie Andara die Caprivi in Namibië, en tans ‘n politieke ontleder en akademikus, prof. Joseph Diescho.
Diescho was ‘n spreker oor grondhervorming op ‘n inligtingsdag in Windhoek, wat deur die Kaiserstraat Boerevereniging aangebied is.
Luidens ‘n berig op die Republikein, het hy gesê “sonder wit boere kan die landbou in Afrika nie floreer nie. Ek sê nie wit mense is beter as ek nie; ek sê wit mense weet en verstaan beter hoe om met grond te werk.
“Grond moet gaan na mense wat weet hoe om daarop te produseer. Wit mense het geen rede om skuldig te voel oor grond nie. Afrika is ons tuiste en ons moet Afrika ontwikkel ter wille van Afrikane, ongeag hul velkleur.”
Bron: Republikein
6 Februarie 2012