AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Grondbesetting: Boere moet riglyne ken

Boere moet in aanloop tot die verkiesing weet wat op hul grond aangaan en riglyne rakende grondbesetting ken, sê Agri SA.

“Roekelose uitlatings en ondeurdagte optrede rakende grondbesit ondersteun beslis nie ’n visie van ’n welvarende Suid-Afrika nie,” sê mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA

“Uitsprake oor landbougrond wat gekonfiskeer moet word en die ongekwalifiseerde voortsetting van die restitusieproses verreken nie hierdie eenvoudige waarheid nie. Dit beteken nie dat Agri SA nie ordelike grondhervorming, omlyn deur billike vergoeding, voorstaan nie, maar om ’n klaaglik mislukte resitusieproses maar slegs voort te sit, beteken dat landboubates verder gesteriliseer sal word,” sê Möller. Möller meen beleidsboodskappe is nou uitermate verwarrend, die Nasionale Ontwikkelingsplan plaas groot eise ten opsigte van groei en werkskepping op die landbou terwyl die restitusieproses en gebrekkige ondersteuning aan nuwe toetreders tot die landbou grootliks van die teendeel getuig. “Dit is noodsaaklik dat die landbougemeenskap en die Regering sinvolle oplossings na vore moet bring,” sê Möller.

“Vir ooglopende redes is boere sensitief oor veiligheidsaangeleenthede, maar dit word dikwels deur buitestaanders gesien as ’n dekmantel vir onmenslike optrede teenoor landelike gemeenskappe en spesifiek plaaswerkers. Besoeke aan grafte op plase is een van die aspekte wat dikwels geopper word en Agri SA stel as enigste voorvereiste in dié verband die nakoming van die Protokol vir Plaastoegang en/of ’n alternatiewe reëlings met grondeienaars. Ons gun elke plaaswerker verblyfreg of eiendomsreg van ten minste ’n woning, maar dit kan vir praktiese redes nie slegs boere se verantwoordelikheid wees nie en plase kan allermins die uitsluitlike teiken in dié verband wees,” sê Möller.

Vordering op beleidsvlak
Volgens Möller is die samewerking tussen Agri SA en die Suid-Afrikaanse Polisiediens op ’n gesonde voet en daar is op beleidsvlak goeie vordering gemaak met die landelike beveiligingstrategie en die reservistebeleid. “Dat daar steeds probleme op verskeie vlakke ten opsigte van die misdaadsituasie – ook in landelike gebiede – bestaan, ly geen twyfel nie; die feit dat ons saamwerk in die soeke na oplossings is egter positief,” sê Möller.

“In die aanloop tot die verkiesing kom daar ook periodiek oproepe deur ekstreme groeperings vir die besetting van grond. Beleidsriglyne is duidelik, naamlik dat diegene wat hulle skuldig maak aan sodanige oortreding, onmiddellik in hegtenis geneem en aangekla kan word vir betreding. Produsente moet dus met die aanloop tot die verkiesing deurgaans weet wat op hulle grond aangaan en voorvalle van betreding onmiddellik by die polisie aanmeld. Agri SA het onlangs bevestiging verkry van ’n senior advokaat dat die riglyne wat hy aan lede, via affiliasies, beskikbaar gestel het oor die hantering van grondbesettings korrek is. Produsente moet dus toesien dat hulle op die hoogte is van die inhoud daarvan en dit ook met hulle plaaslike polisie kommunikeer,” sê Möller.  

“In die aanloop tot die verkiesing word verantwoordelike optrede van alle landsburgers verwag, dit is ook ’n integrale deel van ’n demokratiese bestel,” sê Möller.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot