AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Grondbesetting ruk Oos-Kaapse boere

Grondbesetting, talle Suid-Afrikaanse boere se grootste nagmerrie, het vir die Featherstones van Queenstown 'n realiteit geword toe 'n groep mense 'n deel van hulle grond opgeëis het.

’n Dispuut oor grond wat al meer as 40 jaar voortsleep en frustrasie met die Regering se trae vordering met grondhervorming en bemagtiging het tot ’n grondbesetting buite Queenstown gelei.

’n Groep mense het laatmiddag verlede Maandag op die plaas Primgradia tussen Queenstown en Tarkastad in die Oos-Kaap opgedaag en die eienaar van die grond, mnr. Charles Featherstone, laat weet dat hulle sy grond as weiding gaan gebruik.

Tydens ’n gesprek tussen Featherstone en verteenwoordigers van die groep het hulle beweer dat grond in die omgewing in 1976 aan hulle belowe is, dat die grond volgens die Regering nou aan hulle behoort en dat hulle dit mag beset. Die groep het hulself op Featherstone se plaasbestuurder, mnr. Amos Nxenye, se stoep en voor sy plaashuis tuisgemaak.

Hulp

Volgens me. Jeanné Featherstone was sowat 15 mense betrokke en het die polisie vinnig reageer op hulle oproep om hulp. “Lede van die eenheid vir openbare wetstoepassing, die blitspatrollie en die Queenstown-polisie het opgedaag en met die besetters gepraat. Die groep is gearresteer,” sê Jeanné.

Volgens dr. Pieter Prinsloo, ondervoorsitter van die RPO en lid van die Klaassmits-landbouvereniging op Queenstown, is beloftes oor grondbesit in die omgewing reeds in 1976 aan dié groep mense gemaak, ná hulle deur die destydse Regering van Herschel na Queenstown geskuif is.

Meer onlangs is verskeie onvervulde beloftes ook gemaak dat meer grond beskikbaar gemaak sal word vir die gemeenskap. ’n Boer van die omgewing het ’n geruime tyd gelede grond vir die Regering te koop aangebied wat vir die groep aangewend kon word.

“Die Regering het ’n waardeerder gestuur maar niks het verder gebeur nie. Ons het ’n plan gehad oor hoe ons die mense met mentorskap sou help om as ’n ekonomiese eenheid op die grond kon boer maar niks het daarvan gekom nie,” sê Prinsloo. Ná die Regering se trae reaksie het die boer sy grond onttrek en het hy ander planne beraam omdat die proses nie gevorder het nie.

Grondeis

Intussen is ’n grondeis deur die Herschel-groep op grond in dié omgewing ingestel. Volgens Prinsloo is die eis teen sowat R50 miljoen aan die gemeenskap uitbetaal. Die groep het die bedrag in individuele kontantbedrae ontvang, omdat hulle dit so verkies het. Prinsloo sê ’n groep plaaswerkers is onder dié wat grond hier eis.

Volgens Jeanné het hulle die plaas in 1993 gekoop en sedertdien daarop geboer. Die besetters wou egter niks weet van die titelaktes en dokumentasie wat aan hulle getoon is nie en het die geldigheid daarvan in twyfel getrek.

Die Featherstones is positief oor die polisie se reaksie op die grondbesetting. “Die polisiereaksie was professioneel en sover as wat ons bewus is het hulle die korrekte aksie geneem. Ons vind die polisie hier baie behulpsaam as daar probleme of navrae oor sake is.”

Majoor-Generaal Thembisile Patikile het bevestig dat ’n 13 mense op die plaas gearresteer is en dat ’n saak van betreding teen die verdagtes hangend is. Die groep verdagtes het reeds in die hof verskyn en is op 'n waarskuwing vrygelaat. Hulle sal in Julie weer in die hof verskyn.

Die plaasbestuurder op Primgradia, Nxenye, en sy is gesin is erg getraumatiseer deur die gebeure.

“Amos en sy gesin, hy het vier kinders, was angsbevange oor die oproer by hulle huis. Volgens hom betwyfel hy die besetters se bewering dat hulle van dié omgewing is. Hy werk reeds meer as 20 jaar vir ons,” sê Jeanné.

LEES OOK: Jou handleiding oor grondbesetting hier

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot