AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Gronde van NWK se bedieningsgebied - Deel 5

Die doel van hierdie reeks is om produsente met kennis van hulle gronde te bemagtig. Met die grondeienskappe bekend, kan die hulpbron se reaksie op gewasverbouing beter voorspel word en bepaal word hoe die hulpbron in 'n boerderystelsel aangewend behoort te word. In hierdie artikel val die vergrootglas op die gronde van die Dolomiet-klipveld.

Verspreiding

In NWK se bedieningsgebied strek die Dolomiet-klipveld vanaf Jagersfontein noord van Ottoshoop, via Ottoshoop tot noord van Lichtenburg en dan verder verby Grootpan in die rigting van Ventersdorp. Die suidelike dele van die Koster-distrik het ook dele dolomiet-klipveld.

Geologie

Die

Dolomiet-klipveld word deur dolomiet-rots gedomineer. Die dolomiet is deel van

die Groep Chuniespoort van die Transvaal-sisteem en is ongeveer 1 200 m dik. Dit

het waarskynlik in vlak mere gepresipiteer waar die pH gewissel het om toestande

te skep waartydens chert kristalliseer. Kenmerkend van die dolomiet is die

donker blou-grys massiewe rots met gelaagde chertbande. Dolomiet bestaan uit

kalsium-magnesium-karbonaat wat in water oplosbaar is. Dit is die basis van die

vorming van die "karst"-landskap waartydens reënwater deur krake in die rots

syfer en dan die rots oor miljoene jare oplos. Op dié manier vorm grotte wat

dikwels vol water en aaneengeskakel is - vandaar die waterhoudende eienskappe

van dié geologie. Die krake en grotte (somtyds kilometers lank) word dan al

groter tot op 'n punt dat die "dak" van die grot ineenstort en 'n sinkgat of

versinkte sloot vorm. Sinkgate is dikwels enkele meter diep tot soms dieper as

100 meter. Van die sinkgate het tot onder die watertafel van die spesifieke

kompartement waarin dit voorkom, ingeval en in sodanige gevalle staan die

sinkgat onder vol water. Die bekende Wondergat is só 'n voorbeeld en is só diep

dat dit vir duik-opleiding gebruik word. Feitlik al die leegtes in die klipveld is ou sinkgate wat mettertyd met geologiese rommel opgevul is. Dit is dan ook meestal hier waar die sagte grond in die klipveld te vinde is. Interessant is dat stromatoliete volop in die klipveld is. Dit word gereken as van die oudste fossiele in die wêreld en is deur blou-groen alge gevorm.

Grondvorming

Wanneer

dolomiet verweer, vorm dit kalk wat in die reënwater oplos en vorm dus nie grond

nie. Die chert is in wese kwarts en baie weerstandbiedend teen verwering en

daarom bly dit oor as chertgruis wat volop in die gronde van die klipveld is. Die grond van die klipveld het dus nie in situ gevorm nie, maar is getransporteer, behalwe vir die klein bydrae wat die chert tot die sandfraksie gemaak het. Die grond is waarskynlik meesal ingewaai, maar oerriviere het ook grond ingespoel, terwyl kolluvium (deur swaartekrag beweeg) ook plek-plek 'n rol gespeel het.

Topografie
Die oorwegende topografie is plat met letterlik duisende oerinsinkings. Hellings wissel meesal tussen 1% en 10%. In sommige van die valleivloere ontspring fonteine met fenomenale waterlewering, wat dan aanleiding tot riviere gee. Voorbeelde hiervan is die Molopo- en Mooirivier.

Oorheersende grondtipes

Weens die uitstekende dreinering van die geologie, is

die gronde ook baie goed gedreineer. Die bogrond bestaan oorwegend uit

onbewerkbare grond-rotskomplekse wat meer as 90% van die oppervlakte van die

Dolomiet-klipveld uitmaak. Die dominante grondvorms hier is Mispah en vlak

Huttons. Die opgevulde sinkgate bestaan normaalweg uit diep Huttons en is dikwels bewerkbaar. In die nat valleivloere groei dikwels riete wat tot die skaars Champagnevorm aanleiding gee wat uit 'n organiese O-horison bestaan en as veen gemyn word. Hier kom ook ander "nat" gronde voor, byvoorbeeld Rensburg, Westleigh, Katspruit en Willowbrook.

Fisiese eienskappe

  • Tekstuur en waterhouvermoë

    Die

    kleipersentasie van die ploegbare gedeeltes se bogrond is gewoonlik in die orde van 8% tot 15% en in die ondergrond 10% tot 20%. Die dominante klei-tipes is kaoliniet en mika. Dit lei tot 'n totale waterhouvermoë van sowat 220 mm/m tot 240 mm/m gronddiepte met sowat 120 mm/m plantbeskikbare water wat teen 'n relatief vinnige tempo aan gewasse voorsien kan word.

  • Dreinering
  • Die Huttons het 'n uitstaande dreineringsvermoë en dit geskied ook vinnig. Enkele ure na 'n hewige donderstorm, staan daar nêrens meer water nie. Versuiping in die nat vleie is die reël.
  • Kompaktering
  • Die sanderige aard van die bewerkbare gronde maak dié gronde onderhewig aan kompaktering en daarom is die vorming van grondverdigtings tydens grondbewerking 'n potensiële probleem.

  • Oppervlaktekorse (toeslaan) en erosie
  • Oppervlaktekorse kan ná hoë-intensiteit donderbuie op bewerkte gronde

    vorm, maar is normaalweg nie 'n groot probleem nie. Weens die uitstekende infiltrasie en dreinering van die gronde, is die gevaar van watererosie normaalweg weglaatbaar klein. Die growwer deel van die sandfraksie wat van die chert afkomstig is, verlaag die gevaar vir winderosie en daarom is winderosie seldsaam.


    Chemiese eienskappe

    Die organiese koolstofvlak van die bogrond is, soos die meeste lande van die Hoëveld, baie laag, naamlik 0,3% tot 0,7%. Die Huttons van die Dolomiet-klipveld se KUK wissel van 20 tot 70 me/kg grond, wat die relatief lae KUK van die oorheersende kaoliniet kleimineraal in die struktuurlose gronde reflekteer. Die mika dra by tot dié gronde met 'n KUK van tot 70 me/kg grond.

    Die gronde is natuurlik geloog en redelik suur en met die bewerking en bemesting van dié gronde is versuring uiters aktueel. In die natuurlike staat is 'n pH(water) van 4,7 nie ongewoon nie. Wanneer dié gronde met die dolomitiese water besproei word, styg die pH vinnig en is bekalking dus nie nodig nie. Indien die pH van die gronde goed in stand gehou word, is die voorsiening van mikro-elemente normaalweg goed. Die gronde is natuurlik baie arm aan fosfor.

    Bestuur van die Dolomiet-klipveldgronde

    Indien lande aan

    korsvorming onderhewig is, moet die lande deur die seisoen losgemaak word om

    waterinfiltrasie en gaswisseling (suurstof in en koolstofdioksied uit die grond uit) in stand te hou. Wind- en watererosie is selde 'n probleem. Weens die goeie dreineringseienskappe van dié gronde, behoort stikstofbemesting in terme van topbemesting nie in een groot paaiement gegee te word nie, maar in twee kleiner paaiemente.

    Die goeie waterhouvermoë van die dieper gronde en ook die geredelike afgee van die water aan plante, maak dat die grond hom uitstekend tot besproeiing leen. Die gronde is heel aanvaarbaar vir gewasproduksie, hoewel bewerkbare lande dikwels redelik klein is.

    Die Dolomiet-klipveld is potensieel goeie soetveld. Die veld bevat 'n wye verskeidenheid grasspesies wat van totaal onsmaaklike spesies tot hoogs smaaklike spesies wissel. Die implikasie hiervan is dat langdurige foutiewe veldbestuur die onsmaaklike spesies sal bevoordeel en dié spesies sal dan later die veld domineer. Die teenoorgestelde is ook waar, naamlik dat goeie veldbestuur die smaaklike spesies bevoordeel en sodoende die veld algaande verbeter, wat dan tot goeie diereproduksie lei indien goeie kuddebestuur toegepas word.

    Vir effektiewe veldbenutting en optimale diereprestasie, is 'n goeie veld- en voervloeibeplanning met aangepaste lekaanvullings nodig. Dit is die moeite werd om dit in samewerking met 'n veekundige te doen.

    Samevatting
    Die Dolomiet-klipveld is oorwegend natuurlike veld met klein dele wat vir kontantgewasproduksie geskik is. Die goeie waterhoudende eienskap van die geologie en die goeie besproeiingseienskappe van die ploegbare gronde, maak dat dié gebied 'n belangrike bydrae tot besproeiing in NWK se bedieningsgebied lewer. Met dié gronde se eienskappe in gedagte, kan boerderypraktyke daarvolgens aangepas word. Indien daar enige verdere navrae oor die gronde van die Dolomiet-klipveld of die aanwending daarvanis, kontak gerus die outeur by (018) 633 1000, 072 285 5414 of e-pos martiens@nwk.co.za

    Martiens du Plessis is grondkundige: Landboubestuursdienste, NWK

    Bronnelys

    1. LANDTIPE-OPNAMEPERSONEEL, 1984. Landtipes van die kaarte 2626 Wes-Rand en 2726 Kroonstad. Mem. nat. Landbouhulpbr. S.Afr. Nr 4.

    2. LANDTIPE-OPNAMEPERSONEEL, 1984. Landtipes van die kaarte 2526 Rustenburg en 2528 Pretoria. Mem. nat. Landbouhulpbr. S.Afr. Nr 8.

    3. THORNBURY WD. 1969. Principles of Geomorphology. Second ed. John Wiley & Sons, Inc. USA.

    4. VON BACKSTRÖM JW, SCHUMANN FW, LE ROEX HD, KENT LE & DU TOIT AL. 1953. The geology of the area around Lichtenburg - explanation of sheet 54 (Lichtenburg). Union of South Africa. Department of Mines.

    Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.03
    -0.4%
    Rand - Pond
    19.22
    +0.9%
    Rand - Euro
    17.38
    -0.1%
    Rand - Aus dollar
    11.70
    +0.0%
    Rand - Jen
    0.13
    -0.3%
    Goud
    1,636.76
    -0.4%
    Silwer
    18.57
    -1.6%
    Palladium
    2,069.50
    -0.2%
    Platinum
    859.00
    +0.1%
    Brent-ruolie
    86.15
    -5.0%
    Top-40
    57,110
    0.0%
    Alle aandele
    63,417
    0.0%
    Hulpbronne 10
    56,319
    0.0%
    Industriële 25
    78,436
    0.0%
    Finansiële 15
    14,142
    0.0%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Die lewe geniet
    Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
    Kom ons skryf on eie verhaal
    Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot