AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Grondeise 'skep resep vir revolusie'

Die heropening van grondeise skep vals verwagtinge – ’n resep waaruit revolusies gebore word, sê dr. Pieter Mulder.

Die goedkeuring van die Wetsontwerp op die Herstel van Grondregte deur die Raad van Provinsies is ’n ernstige terugslag vir die landbou en vir die Suid-Afrikaanse ekonomie in die breë, sê dr. Pieter Mulder.

In sy hoedanigheid as leier van die VF Plus het Mulder ’n beroep op die President gedoen om nie die wet te onderteken voordat hy nie die ekonomiese impak wat dit op die landbou en die ekonomie gaan hê, 100% bereken het nie.

“Vanjaar ná grondeise gesluit het, 16 jaar ná die instel van grondeise in 1998, is sowat 95% van hierdie eise afgehandel. Dit het belastingbetalers miljarde rande gekos. Daar is gedink dat die landbou nou na normaal kan terugkeer soos die laaste eise afgehandel word. Nou, skielik voor die verkiesing, kom die ANC met hierdie wet om die grondeiseproses van voor af te heropen. Dit verlam die landbou vir die volgende 20 en meer jare en bring al die onsekerhede weer terug,” sê Mulder.

Vorige proses
Tydens die vorige grondeiseproses is 80 000 eise ingedien wat landboubedrywighede in groot dele van die land tot stilstand gedwing het. “As jy ’n eis op jou grond het, kan jy die grond nie verkoop kry nie. Jy brei nie uit of belê niks in jou boerdery nie omdat jy môre die grond kan verloor. Dan wag jy in onsekerheid vir jare voor ’n eis afgehandel is. Ná 10 jaar is in talle gevalle bevind dat die eis nie geldig was nie. Die landbouer se verliese weens die 10 jaar onsekerheid word nie deur die staat terugbetaal nie.”

Die VF Plus was die enigste party in die parlement wat onvoorwaardelik teen die heropening van grondeise gestem het. Die DA is ten gunste van die heropening van grondeise, maar het as voorwaarde gestel dat slegs een jaar in plaas van vyf toegelaat moes word vir die instel van nuwe grondeise.

Die staat verwag 379 000 nuwe grondeise wat die belastingbetaler tot R179 miljard gaan kos.

Staat kan nie voorsien nie
“Die heroopstel van die eise skep verwagtinge by duisende ANC-ondersteuners terwyl die staat finansieel nie aan hierdie verwagtinge kan voldoen nie. Dit is die resep waaruit revolusies gebore word – verwagtinge wat nie nagekom word nie,” sê Mulder.

* Mnr. Jerry Thibedi, voorsitter van die portefeuljekomitee vir landelike ontwikkeling en grondhervorming, het in middel Februarie gesê dit is ’n belangrik vir leiers om grondhervorming te gebruik om ’n nasie te bou en versoening te bring. “Dit is nie nou die tyd om teen die stroom te swem nie. Ons moet versigtig wees, want die winde van verandering waai. Mense eis grond. As ons in hulle pad staan, sal hulle ons eenkant vee en ons irrelevant maak.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot