
Grondeise is op 1 Julie heropen, met ’n gerusstelling van die Regering dat elektroniese verwerking dié histories trae proses sal bespoedig.
Luidens ’n berig in Die Burger het mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gister gesê hy is baie dankbaar dat pres. Jacob Zuma die Wysigingswet op die Herstel van Grondregte onderteken het.
Volgens Nkwinti het ou foute – waaronder ’n hofuitspraak wat bevind het die Regering het “onwettig opgetree” in ’n Oos-Kaapse geval – genoodsaak dat die proses vir nog vyf jaar heropen word.
Die Regering het vroeër geskat sowat 379?000 nuwe eise sal oor die volgende vyf jaar ingedien word.
Nkwinti meen die proses sal nou gladder en minder oop vir misbruik wees omdat daar geen fisieke indienings sal wees nie.
Bron: Die Burger