AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Grondgrype: Só sorg jy dat jy paraat is

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Tipiese voorbeeld van waar onwettige betreders strukture begin oprig. Foto: Verskaf
’n Tipiese voorbeeld van waar onwettige betreders strukture begin oprig. Foto: Verskaf
Een van die belangrikste dokumente waarop ’n boer onmiddellik sy hand moet kan lê om ’n onwettige grondgryp te beveg, is sy plaas se titelakte, of minstens ’n afskrif daarvan.

Me. Marjorie van Schalkwyk, vennoot van die regsfirma Hurter Spies, het op ’n AfriForum-konferensie in Pretoria oor boere en die reg gesê dit is kommerwekkend hoeveel boere nie hul plase se titelaktes byderhand het nie.

Met betredings en onwettige besettings is vinnige optrede uiters belangrik. Boere moet weet wat op hul grond aangaan. Dit is veral belangrik wanneer ’n plaas naby ’n informele nedersetting geleë is en/of vir lang tydperke nie besoek word nie.

Indien ’n boer vinnig genoeg optree, kan ’n dringende hooggeregshofaansoek op grond van die sogenaamde mandament van spolie-beginsel gebring word. Spoliasie beteken, in eenvoudige woorde, dat ’n mens van die besit van iets ontneem is sonder dat die ander persoon die regte proses gevolg het. ’n Mens kan dan deur ’n hofaansoek vra dat die besit herstel word, het Van Schalkwyk gesê.

Sou betreders reeds op die grond “bly”, is ’n uitsettingsbevel nodig, wat ’n duur en tydsame proses is. “Die definisie van ‘bly’ word baie wyd in die reg omskryf. Die howe gaan so ver om te aanvaar dat, as iemand byvoorbeeld ’n plastiese sak aan ’n boom hang en daaronder gaan lê, en daar ’n pot en ’n pan of ander toebehore teenwoordig is, die persoon daar ‘bly’.” 

Wees voorbereid

Wanneer ’n grondgrypsituasie ontstaan, beveel Van Schalkwyk aan dat ’n boer so gou moontlik, binne 48 uur, ’n prokureur moet konsulteer. Dit maak dit makliker om ’n hof te oortuig dat die saak dringend is.

Hy moet sy titelakte gereed hê, asook foto’s van wat op sy grond gebeur, soos die strukture wat opgerig is, grond wat skoongemaak word, of enige vorm van aanduidings dat grond afgemeet is en onregmatige okkupasie dreig of plaasvind.

“Dan volg die moeilike deel, en dit is om ’n saaknommer vir betreding by die polisie te bekom. Die polisie gaan waarskynlik eers vir jou sê dit is nie hul werk nie, maar jy moet opdringerig wees totdat jy dit kry. AfriForum help ook mense hiermee.”

Vir die hofsaak is ’n “deponent” nodig, die persoon wat sien of ervaar wat gebeur en die meeste kennis oor die saak het. “Dit is moeilik wanneer die deponent nie die grondeienaar is nie. Indien die eienaar byvoorbeeld ’n trust of maatskappy is, moet die trust of maatskappy die deponent magtig om namens hom op te tree.” Die magtiging kan tyd neem en sy beveel daarom aan dat dit te alle tye gereed is. 

Hekkies vir sukses

Vir die hofaansoek om te slaag, moet die regspan oor verskillende hekkies kom. Eerstens moet klinkklaar bewys kan word dat die boer die eienaar van die grond is.

Onherstelbare skade, misdaad en billikheidsbalans moet ook bewys kan word. Laasgenoemde behels om te bewys dat die onwettige betreder nie ’n reg het om enigiets van die grondeienaar te eis nie, en dat die eienaar se besit en genot versteur is.

Verder moet ook bewys word dat die boer geen ander wettige hulpmiddel tot sy beskikking het as om ’n hofaansoek te bring nie. Dit verwys onder meer na die feit dat die polisie byvoorbeeld die betreders moes verwyder het, wat hulle byna nooit doen nie. 

Koste vir die boer se rekening

Nadat die hofbevel verkry is, moet dit op elke persoon wat betree, beteken word. Hierna is dit die polisie en die balju se verantwoordelikheid om betreders/okkupeerders en/of strukture te verwyder, na gelang van die bewoording van die bevel.

Die polisie het gewoonlik te min beskikbare hulpbronne hiervoor. “Ons stel voor dat ’n private sekuriteitsmaatskappy soos die Rooimiere, wat bewese ervaring het in sulke optrede, die verwydering hanteer,” het Van Schalkwyk gesê. “Geen grondeienaar is egter gereed vir die rekening wat die Rooimiere gaan lewer nie. Dit kan wissel van R500 000 tot R2,5 miljoen, na gelang van die hoeveelheid strukture.”

’n Grondeienaar moet boonop sy regskoste self dra. 

Onwettige jag en begrafnisse

Oor begrafnisse en besoeke aan grafte plase was adv. Johan Hamman, kenner van grondeise en verblyfregte, se raad aan grondeienaars op die konferensie om eers te weier, sodat die aansoekers moet bewys dat hulle geregtig is op die begrafnis en die besoek.

“As dit op ’n hofstryd uitloop is die makliker om eerder die respondent as die applikant te wees, wat die bewyslas dra.”

Wat jag met honde betref, is dit betreding as daar nie toestemming is om op die grond te wees nie. Dit is ook onwettig kragtens wetgewing oor dierebeskerming. Die probleem is egter dat ordonnansies en wetgewing wat hiermee verband hou, baie oud is. Daar is kommer of die wetgewing die toets van grondwetlikheid sal deurstaan. Hamman raai boere aan om advies by regslui te kry.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot