AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Grondhervorming by T-aansluiting

Landbouers moet ’n sigbare verbintenis tot betekenisvolle grondhervorming maak, sê mnr. Max du Preez, politieke ontleder.

Die landbou moet 'n sigbare verbintenis tot grondhervorming maak, het mnr. Max du Preez, politieke ontleder, in ’n opname vir die reeks Nasie in Gesprek gesê wat vir kykNET by die Nampo-Oesdag opgeneem is.

Deelnemers aan die gesprek, wat deur mnr. Theo Vorster, ekonoom, gelei is, het gesê die land is nie eens net meer by ’n kruispad nie, maar by ’n T-aansluiting wat grondhervorming betref.

Simboliese dade
Du Preez het gesê “’n grootste gebaar” en simboliese dade is nodig. “Daar is sterk emosionele aandrang dat pres. Jacob Zuma in die volgende twee jaar iets dramaties aan grondhervorming moet doen.”

Mnr. Mike Mlengana, voorsitter van die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa), het gesê landbouers moet, ter wille van hul kinders, met konkrete aksies kom.

Hy het gevra of ’n boer wat byvoorbeeld 5 000 ha besit, nie kan kyk of hy 100 ha of 200 ha daarvan vir die Regering vir grondhervorming kan gee nie.

Nadat mnr. Danie Minnaar, voorsitter van Senwes wat die kykNET-program aanbied, hom hieroor aangevat het en gesê het dit is nie ’n oplossing dat boere iets moet afgee nie, het Mlengana gesê hy het dit net as voorbeeld bedoel, om te sê dat iets tasbaars nodig is.

Dr. Theo de Jager, adjunkvoorsitter van Agri SA, het gesê dit is belangrik dat boere onderling konsensus oor grondhervorming moet kry. “Ons is op nommer 99, ons moes lankal beter konsensus gehad het, veral tussen Agri SA en Afasa.”

Warm debat
Verskillende menings oor die rol wat die Grondwet in grondhervorming moet speel, het tot ’n warm debat gelei. Dit was nadat Du Preez gesê het landbouers moet weet die Grondwet is hul grootste vriend. Dit gee waarborge, maar ook verpligtinge. Dit moet egter nie as wapen gebruik word nie.

Mlengana het sterk hierop gereageer en gesê boere kan nie agter die Grondwet skuil nie. Hy het gewaarsku dit kan lei tot pogings om die Grondwet te verander.

De Jager het gemaan dat die landbou nie die Grondwet moet gebruik om ’n dreigende houding in te neem nie.  “Die Grondwet is ons laaste loopgraaf. Min van ons besef dat ons bínne die Grondwet kan seerkry. Die staat het genoeg verskonings om nie markwaarde vir grond te betaal nie.”

Mnr. Louw Steytler, voorsitter van Graan SA en deel van die gehoor by die opname, het egter gewaarsku as die Grondwet nié as uitgangspunt gebruik word nie, gaan die proses “miserabel faal”.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot