AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6607
0,00
CORN
19 Okt
-
3077
-8,00
SOYA
19 Okt
-
7170
-35,00
SUNS
19 Okt
-
10812
162,00
WEAT
19 Okt
-
5730
-12,00
WMAZ
19 Okt
-
3177
-23,00
YMAZ
19 Okt
-
3339,8
-16,20
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Grondhervorming: ‘Doen jou huiswerk en bly binne die wet’

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Boere en grondeienaars wat ’n vorm van saamboerdery met werkers wil vestig, en besproeiingswater gaan benodig, moet deeglik huiswerk doen en nie probeer om wetlike prosesse te omseil nie.

Dié raad kom van mnre. Schalk Viljoen en Gerswin Louw van Dasberg-boerdery by Riviersonderend en Charl Bester van Sarel Bester Raadgewende Ingenieurs.

Viljoen het op die Landbouweekblad-PALS-grondsimposium by Ceres gesê mense moet geduldig wees. Vir hulle het die hele projek in 2015 begin, maar hulle het gou geleer dat alle prosesse baie langer duur as wat wetgewing voorskryf of vorige ondervinding toon. Dit het byvoorbeeld sewe maande, pleks van die gewone vier weke, gekos voordat hulle hul lisensie kon kry om water op te gaar.

Hy beveel aan dat mense wat ’n bemagtigingsprojek wil begin, vooraf alle moontlik beskikbare waterbronne in hul omgewing identifiseer en vroegtydig met ’n omgewingsimpakstudie begin. Die hele proses is baie duur. ’n Omgewingsimpakstudie het hulle R510 000 gekos.

Viljoen het gewaarsku dat daar “baie wantroue, onnodige vrae en ’n totale gebrek aan sakekennis” by staatsamptenare is, en dat die staat se ratte stadig draai, “maar hulle draai darem nog”.

Louw, hoofbestuurder van Dasberg-boerdery se lewendehawe-afdeling, het gesê hulle is toegewy tot die sitrusprojek, maar daar is heelwat struikelblokke. Die grootste daarvan is finansieel. Boonop het die proses om ’n waterlisensie te kry en die omgewingsimpakstudie te doen, hul projek met minstens twee jaar teruggesit. Hulle het tot dusver nie geld of bystand van die regering gekry nie.

Dit duur drie tot vier jaar voordat die bome begin dra, en vanjaar het die droogte die projek onder verdere finansi?le druk geplaas.

Louw het gesê hy is gekant teen onteiening sonder vergoeding omdat dit die waarde van landbougrond kan benadeel. “Die waarde van ons grond sorg vir sekuriteit by die bank en daarom kan ons geld leen vir die ontwikkeling, en ons leen baie daarvan.”

Soos dit nou lyk, sal hulle eers teen die negende of tiende jaar ’n dividend kan betaal, maar hulle is toegewy tot die projek.

Moenie kortpaaie kies nie

Bester het gesê die proses om om ’n waterlisensie aansoek te doen, is met dorings besaai, maar daar is darem oplossings ook. “Die validasie- en verifikasieprosesse is 20 jaar agterstallig en dit het groot frustrasie tot gevolg.”

Volgens Bester moet voornemende aansoekers besef die voorgeskrewe proses, studies en ontwerpe wat vereis word, is duur. Hulle moet daarvoor begroot. “Vertragings kom veral voor waar reserwebepalings gedoen moet word.”

Eweneens is daar onsekerheid oor die rol van swart ekonomiese bemagtiging, dog hy het gesê dit word op ’n gevalspesifieke basis en volgens meriete beoordeel.

Bester het aanbeveel dat mense wat met welslae om waterlisensies wil aansoek doen, hul beoogde sakestrukture eenvoudig hou en rekord hou van die streekskonteks. “Hou rekord van dit wat in jou omgewing gebeur.”

Hy het ook voorgestel dat boere met bure in dieselfde streek saamwerk. “Dis nie meer ’n eenmanding nie. Julle moet in streke saamwerk en planne beraam om die saak kollektief te benader.”

Hy het gesê swart ekonomiese bemagtiging sal deel van die Suid-Afrikaanse landskap bly. “Moet dit nie vrees nie en moet die nie op jou eentjie probeer aanpak nie. Moet dit nie halfhartig doen nie. Wees bereidwillig om die wetlike pad te stap, en moenie kortpaaie kies nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.57
+0.7%
Rand - Pond
20.08
+0.1%
Rand - Euro
16.98
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,779.33
+0.8%
Silwer
23.71
+2.2%
Palladium
2,083.00
+2.9%
Platinum
1,052.83
+1.5%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,320
+0.6%
Alle aandele
66,912
+0.6%
Hulpbronne 10
64,002
+1.1%
Industriële 25
84,631
+0.5%
Finansiële 15
13,990
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
1Korinthiers 13
Ek is glad nie jaloers of clingy nie, maar moenie my n rede glo nie die seding is as volg: as daar n romie is is daar n vuur, so as ek vernoed jy hou jou opsies oop sal ek...
Vrede begin met n glimlag
Ek is n ma en n ouma van 2 my grootste liefde, ek is n mense mens baie lief vir lek lag kuier met vriende en familie. Gee baie om vir my mede mens lief vir kos maak en dans is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot