AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Grondhervorming in VS kry momentum

Grondhervorming in die Noord-Vrystaat het momentum verkry ná die ondertekening van ’n strategiese vennootskap.

Grondhervorming in die Noord-Vrystaat het momentum gekry ná die ondertekening van ’n strategiese vennootskap tussen die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondsake en die Renosterrivierprojek.

Die loodsprogram wat bykans sewe jaar gelede bekend gestel is, is die model om nuweling-boere in die omgewing deur vennootskappe en die mentorstelsel te vestig. Sakeleiers, soos mnr. Mof Terreblanche van die Terreblanche-boerdery by Edenville, mnr. Ton Vosloo, nie-uitvoerende voorsitter van Naspers, en die bankier mnr. GT Ferreira, is van die dryfkragte agter die projek.

Mnr. Gert Saaiman, bestuurder van die Renosterrivier-projek, sê sy sentrum kan nou voortgaan om as vennoot bepaalde projekte te bestuur en die betrokke opkomende boere tot volwaardige kommersiële produsente te help ontwikkel.

Meer as R10,4 miljoen is aan vyf projekte in die distrikte Heilbron, Steynsrus, Viljoenskroon, en Vredefort toegeken en aan die sentrum oorbetaal.

Saaiman en sy span het die plase intussen besoek en sakeplanne is opgestel met die samewerking van die betrokke opkomende boere aan wie die plase toegeken is.

Herkapitaliserings- en ontwikkelingsdoelwitte
Kapitaal- en kontantvloeibegrotings is ook vir ’n tydperk van vyf jaar opgestel met bepaalde herkapitaliserings- en ontwikkelingsdoelwitte om die plase binne dié tyd tot volhoubare ekonomiese eenhede te ontwikkel. Elke plaas word vir die volgende vyf jaar volgens ’n jaarlikse begroting op ’n glyskaal gesubsidieer totdat dit winsgewend bedryf kan word. Nuwe projekte sal jaarliks aan die sentrum toegeken word.

Terreblanche sê die strategiese venootskap met die staat stel die Renosterrivier-sentrum in staat om sy eie inkomstestroom te verdien en te funksioneer met die aanstelling van mentors. Hy het Vosloo en die ander skenkers geloof vir hul ondersteuning om volhoubare grondhervorming en swart bemagtiging in die agri-sakesektor aan te help.

Vosloo het hom al in die openbaar uitgespreek oor die belangrikheid dat die kundigheid wat in die ontwikkelde gemeenskap opgesluit is, tot die voordeel van die ontwikkelende deel van die bevolking gebruik word.
 
Saaiman het ook mnre. Mdu Shabane, direkteur-generaal van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondsake, en Steven Modise, ook van die departement, vir hul ondersteuning geloof.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.95
+0.7%
Rand - Pond
19.32
+0.0%
Rand - Euro
17.25
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.6%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,635.69
+0.8%
Silwer
18.68
+1.8%
Palladium
2,109.61
+3.3%
Platinum
860.23
+0.9%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,575
+0.5%
Alle aandele
63,957
+0.5%
Hulpbronne 10
56,952
+1.3%
Industriële 25
79,154
-0.5%
Finansiële 15
14,205
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maatjie
Ek is afgetree in Kleinmond en soek iemand om dinge mee te deel. Ek speel tennis en gholf en hou van langs die see stap en waardeer die eenvoudige klein dingetjies wat saak maak
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot