Grondbesit in Australië is tans in die kollig geplaas deur ’n voorstel dat aankope van grond van meer as $5 miljoen (Australiese dollar) deur die Hersieningsraad vir Buitelandse Beleggings goedgekeur moet word.
Australiese boere glo daar is nie genoeg inligting beskikbaar oor hoeveel landbougrond en waterhulpbronne deur nie-Australiese burgers besit word nie, berig The Land.
Benewens die voorgestelde goedkeuring is ’n grondoudit van Australiese landbougrond en waterhulpbronne in die besit van buitelanders ook op die kaarte.
Daar heers glo kommer dat buitelandse beleggers glo die prys van landbougrond in Australië opstoot tot soveel as 20% bo die gewone waarde. Dié beleggers het baie geld om te spandeer en teiken gewilde Australiese landbougrond as ’n uitstekende belegging.
Sodoende word boere in dié land benadeel omdat dit verval vir jong boere moeilik is om landbougrond aan te skaf.
“Dit is nie dat ons buitelandse belegging wil keer nie, maar ons wil dringend kyk na die impak van dié beleggings op die landboubedryf,” sê mnr. Peter Tuohey van die Victorian Boere-federasie.
Lees hier meer.
18 April 2012