AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9546
0,00
CORN
30 Sep
-
4786,4
-1,60
SOYA
30 Sep
-
9460
68,00
SUNS
30 Sep
-
9350
-82,00
WEAT
30 Sep
-
7118
18,00
WMAZ
30 Sep
-
4904
12,00
YMAZ
30 Sep
-
4870
19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Grondplafon is politieke drome - Agri SA

Agri SA se verklaring nadat die ANC grondplafonne voorgestel het wat grondbesit tot 12 000 ha of twee plase beperk.

“Die ANC se standpunt dat die besit van plaasgrond tot twee plase per eienaar asook ‘n maksimum van 12 000 hektaar beperk moet word om grondverdeling te bespoedig, is vir die landbousektor totaal onaanvaarbaar,” lui Agri SA se verklaring.

Dié verklaring van Woensdag, 28 Januarie, deur die sekretaris-generaal van die ANC, mnr. Gwede Mantashe na afloop van die party se lekgotla, bring die geloofwaardigheid van die huidige raadplegingsproses tussen die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondsake, mnr. Gugile Nkwinti, en rolspelers in die bedryf oor ‘n pakket van praktiese maatreëls om van grondhervorming ‘n sukses te maak, in die gedrang,” sê mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA.

In sy reaksie op dié aankondiging verwys Möller na verskeie gebeure en ooreengekome werkswyses wat betrekking het op die gronddebat en nie met hierdie beleidsuitspraak versoenbaar is nie:

* Die Nasionale Ontwikkelingsplan maak geen voorsiening vir die beperking op grondbesit deur regspersone ten einde grond beskikbaar te maak vir herverdeling nie. Dié plan het wel ‘n voorstel om herverdeling per distrik te bevorder wat die afgelope jaar intensief in landbougeledere gedebatteer is en op ‘n proefbasis toepassing vind. Verskeie ander modelle word ook reeds toegepas, wat aan die vereistes van ekonomiese volhoubaarheid en standhoudende bemagtiging voldoen.

* In die NAREG-proses, wat op die Groenskrif oor Grondhervorming gevolg het, het die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming ‘n onafhanklike studie gelas na die lewensvatbaarheid en implikasies van grondplafonne. Dié studie het aangetoon dat so ‘n maatreël indruis teen markkragte en boere die geleentheid sal ontneem om skaalgrootte-voordele te benut wat op sy beurt noodsaaklik is om winsgewend te bly en voedsel so goedkoop moontlik te produseer. ‘n Beperking op plaasgroottes en verdere direkte ingrepe op eienaarskap sal waarskynlik lei tot deurlopende hoër vlakke van beskerming en ondersteuning aan die landbou, swakker uitvoerprestasie, groter afhanklikheid van invoere en duurder voedsel.

* Agri SA se voorstel, soos goedgekeur tydens sy 2014-kongres, was dat boere wat reeds skaalvoordele geniet en ‘n groot bydrae tot voedselproduksie lewer, hul grondbesit slegs moet kan uitbrei indien dit toereikende deelname van ‘n bemagtingsvennoot insluit.  Dié voorstel berus op die toepassing van omsetnorme, eerder as dié van fisiese plaasgroottes en is tans die onderwerp van verdere evaluering en bespreking.

* Dis bykans onmoontlik om die ekonomiese waarde en produksie van ‘n plaas aan sy fisiese grootte  te koppel. Geografie, klimaat, die intensiwiteit van die boerderystelsel, infrastruktuur, afstande van verskaffers of markte is van die faktore wat hierop inspeel.  In praktyk kan daar plase van 50 hektaar wees wat baie groter en meer stabiele besighede is as ‘n ekstensiewe veeplaas van 20 000 hektaar.  Beperkings op plaasgroottes sal dus ‘n naïewe teruggryp na sentrale beplanning wees wat ‘n komplekse bedryf soos die landbou sal muilband.

* Mantashe het in sy verklaring toegegee dat die grondwetlikheid van dié ANC-voorstel nog uitgeklaar moet word. Dit is ‘n vraag wat eerder vroeër as later beantwoord moet word omdat ‘n afkeuring daarvan onnodige verdere spekulasie daaromtrent sal uitskakel.

* Minister Nkwinti het by verskeie geleenthede rolspelers in die bedryf daarop gewys dat hy tot  einde Februarie 2015 voorstelle oor ‘n pakket-benadering tot grondhervorming inwag.  Agri SA het reeds laasjaar intensief hieraan aandag gegee en sy kongresbesluite daaromtrent in Oktober 2014 is deur Nkwinti verwelkom. Agri SA konsulteer ook hieromtrent met ander landbou-organisasies binne die Agricultural Sector Unity Forum (ASUF) wat saamwerk om in die gestelde tydsraamwerk die minister van advies te bedien. Agri SA dra ook hierdie insette in by die Interdepartementele Taakspan wat minister Nkwinti daargestel het om die Kabinet oor regeringsprioriteite met betrekking tot aspekte van die implementering van die Nasionale Ontwikkelingsplan te adviseer.  Die verband tussen hierdie beleidsuitspraak deur Mnr Mantashe namens die ANC en die vermelde prosesse, verg nou opklaring.

“Klaarblyklik is die 50/50-herverdelingsvoorstel wat verlede jaar groot kontroversie ontlok het ook weer besig om as beleidsraamwerk te herleef”, aldus Möller. Dat grond nou op ‘n onrealistiese basis voorgestoot word om ander falings soos die energiekwessie en dié van verskeie staatsinstellings te verdoesel is natuurlik ‘n sterk moontlikheid”, sê Möller.

Hierdie denke deur die ANC kan hoogstens polities dienstig wees, maar ekonomies en sosio-ekonomies is dit onsinnig.  Uiteraard sal Agri SA, totdat die Regering anders oordeel, betrokke bly by bestaande strukture waarheen ons uitgenooi is vir insette en waarin ons tot hiertoe in goeder trou na sinvolle oplossings vir grondherverdeling soek.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
+0.2%
Rand - Pond
20.02
-0.4%
Rand - Euro
17.61
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.67
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,670.55
+0.6%
Silwer
19.16
+1.8%
Palladium
2,225.50
+0.9%
Platinum
879.00
+1.3%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,350
+0.8%
Alle aandele
63,636
+0.6%
Hulpbronne 10
60,687
+1.5%
Industriële 25
77,071
+0.4%
Finansiële 15
13,750
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
Ek wil weer in liefde glo
Ek is energiek, spontaan, lewenslustig, positiewe uitkyk op die lewe. Hou van buite lewe. Ek is ñ mense mens en is gek oor diere. Ek is saf van geaardheid maar baie ferm in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot