AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

‘Grondplafonne katastrofies, soos Eskom’

Die grootste uitdaging by grondhervorming is om die Regering sover te kry om die reg tot die private besit van eiendom te erken en toe te pas, sê mnr. Chris du Toit.

Nog nooit in die geskiedenis van hierdie land het só baie mense só baie te sê gehad oor iets wat hulle só min van weet as oor die landbou  nie.

Só het mnr. Chris du Toit, bekende landbouleier, op Agri Wes-Kaap se kongres op Goudini gesê. Dit was profetiese woorde, want Du Toit se aanhaling is opgediep uit 'n rede wat hy in 1996 gelewer het. Die titel daarvan was “Eiendomsreg en Grondbesit.”

Du Toit sê landbouers is erg geïrriteerd dat die blaam vir die mislukte proses van grondhervorming in Suid-Afrika telkens na boere verskuif word, terwyl die Departement van Grondsake klaaglik misluk met die een na die ander ondeurdagte en onwerkbare voorstel. Maar, “enigiets is moontlik as jy nie weet waarvan jy praat nie,” het Du Toit bygevoeg.

Grootste uitdaging

Hy meen die grootste uitdaging vir grondhervorming in SA is nie die vrye mark, grondpryse, finansiering of ondersteuning van die kommersiële sektor nie: Dis om die Regering sover te kry om die reg tot die private besit van eiendom te erken en toe te pas.

Du Toit sê Artikel 25 van die Grondwet waarborg nie eiendomsreg nie. Dit beskerm egter wel regte in eiendom teen willekeurige (oftewel arbitrêre) ontneming. “Basiese ekonomiese wette en beginsels is die drywers van elke suksesvolle land se ekonomie, en na aanleiding daarvan wil ek aantoon hoekom grondhervorming in ons land nie baie suksesvol is nie.”

Sedert 1994 het al soveel voorstelle oor grondhervorming na vore gekom dat sinvolle debat en planne basies onmoontlik was en is, het Du Toit gesê.

SA sal nie vorder nie

“Al sou elke amptenaar in die Departemente van Grondsake en Landbou eerlik, bekwaam, opgelei en toegewyd wees, sou grondhervorming in SA steeds nie betekenisvol vorder nie weens onkunde oor markkragte en die drywers daarvan en miskenning van basiese ekonomiese wette en regsbeginsels.”

Du Toit, wat onder meer voorsitter van Agri SA was, sê in 1994 sê het pres. Nelson Mandela ‘n openbare onderneming aan Agri SA gegee: “Enige eienaar wat sy grond wetlik gekoop het, het ‘n reg op beskerming. Die Grondwet maak voorsiening vir sodanige beskerming en geen verstandige regering kan mense onteien wat hulle eiendom wetlik bekom het nie.”

Prof. Freek Tomlinson het in 1954 in sy veelbesproke Tomlinson-verslag daarop gewys dat 40% van die landbou-potensiaal van Suid-Afrika binne die grense van die voormalige tuislande, te wete die Transkei en Ciskei, lê. ‘n Gebrek aan natuurlike hulpbronne was dus nie die rede dat suksesvolle boerdery nie daar gevestig het nie, maar ‘n tradisionele en uitgediende stelsel van grondbesit was die hoofoorsaak.

Boere in tradisionele tuislande

In die tradisionele tuislande het boere nie eiendomsreg nie – hulle kan dus nie lyndrade span om hul gewasse te beskerm of hulle diere apart te hou om deel te neem aan sinvolle teelprogramme vir diereverbetering nie.

Dit beteken voornemende opkomende boere sal die tradisionele stamgebiede moet verlaat om te ontsnap aan die gebruik van kommunale grondbesit. Dit is nie altyd aanvaarbaar vir sulke boere om weg te trek van hulle families, vriende, tradisies en geboortegrond nie. Hulle bly dus vasgevang in ‘n geërfde tradisionele en politieke bestel, wat hulle verdoem tot ewigdurende armoede.

“Wyle prof. Hulme Moolman van Stellenbosch het 30 jaar gelede reeds gewaarsku dat diegene wat die Wes-Kaap sien as ‘n plek om massas kleinboere te vestig en baie werksgeleenthede vir mense te skep, tot realisme moet kom. Die oorgrootte gedeelte van die Wes-Kaap se saaigebiede kry minder as 400mm reën per jaar, terwyl die internasionale norm 500mm is vir suksesvolle droëland-gewasverbouing.

Meeste mense kom van voormalige tuislande

Hy het gesê dat die Wes-Kaap nie genoeg water of grond het vir só baie mense nie, maar dat dit ironies is dat die meeste mense wat na die Wes-Kaap verskuif,  juis kom uit dié deel van SA met die hoogste gemiddelde jaarlikse reënval – die voormalige Transkei en Ciskei. “Dit was voorwaar profetiese woorde as ons kyk na die huidige situasie in die Wes-Kaap.”

Oor grondplafonne het Du Toit gesê beperkings op plaasgrootte sal ‘n teruggryp wees na ‘n benadering van sentrale beplanning, wat almal elke dag aanskou as ‘n finansiële katastrofe. “Dink maar net aan die staatsbeheerde ondernemings in Suid-Afrika,” met verwysing na Eskom, die SA Lugdiens, en dies meer.

“Dit bly insiggewend maar tog interessant dat 90% of meer van die huidige grondeisers geld verkies en nie grond nie. Sou jy voor die keuse gestel word of jy ‘n plaas van R5 miljoen wil hê waarvoor jy slegs ‘n grondgebruiksertifikaat van die staat kry, want die staat behou eiendomsreg, of R5 miljoen kontant, wat sal jou keuse wees?

Onsinninge vraag

“Dit is byna onsinnig om dié vraag te vra, want sou jy die grond kies, gaan ‘n amptenaar, wat waarskynlik niks van boerdery weet nie, oor ‘n paar jaar moet besluit of jy suksesvol boer of nie, met ander woorde of jy wettige eienaarskap van die eiendom gaan kry of nie.”

Du Toit het gesê dit is mos baie meer logies om die geld te neem, die plaas te koop en in jou naam te registreer. “Dan het jy die plaas as sekuriteit, jy kan finansiering opneem en jy kan volwaardig tot die boerdery toetree.”

Die ANC moet nog uitvind dat ekonomiese beginsels die een of ander tyd belangriker word as politieke dienstigheid of mag.

“Ek het vir u probeer sê ‘wat’ verkeerd is en nie ‘wie’ verkeerd is nie in die soeke na ‘n positiewe bydrae van die landbou tot grondhervorming. Laat ons sinvol en as goeie mense ons bydrae lewer tot die gronddebat en steeds bly by die beginsel dat landsbelang belangriker is as politieke belang, want politieke belang dra weinig by tot sinvolle grondhervorming, ekonomiese vooruitgang en die skep van welvaart vir die land en al sy mense.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
19.15
+1.2%
Rand - Euro
17.43
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.76
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.7%
Goud
1,637.63
-0.4%
Silwer
18.54
-1.8%
Palladium
2,083.50
+0.5%
Platinum
860.00
+0.2%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
0.0%
Alle aandele
63,417
0.0%
Hulpbronne 10
56,319
0.0%
Industriële 25
78,436
0.0%
Finansiële 15
14,142
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot