
Agri SA beskou die konsep van grondplafonne vir Suid-Afrika as 'n ondeurdagte idee.
Dié kommentaar is uitgereik pasnadat mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit in die Staatskoerant vir openbare kommentaar gepubliseer het. Lees die berig hier.
Mnr. Ernest Pringle, voorsitter van Agri SA se beleidskomitee vir landbou-ontwikkeling, sê in 'n nuusverklaring sommige van die adviseurs wat Nkwinti aangestel het om dié konsep te bestudeer, het hom teen so 'n stap vermaan.
“Agri SA het dit baie duidelik gemaak waarom die organisasie hierdie beskou as 'n ondeurdagte idee. Nietemin het minister Nkwinti besluit om die konsepwetsontwerp op 17 Maart te publiseer, wat net 30 kalender dae vir openbare kommentaar laat Agri SA sal 'n uitbreiding van die sperdatum te vra."
Negatiewe impak
Pringle het gesê dat internasionale ervaring wys dat grondplafonne 'n baie negatiewe impak het, insluitende:
- Fragmentering van landbougrond.
- Dit raak produktiwiteit negatief.
- Grondplafonne het bygedra tot die landbou as 'n lae-winsgewende onderneming in verskeie dele van die wêreld.
- Neutrale of ongunstige uitwerking op armoede.
- Tevrede vlakke van gelykheid en doeltreffendheid;
- Dit het grootliks misluk om ongelykhede in landboustrukture te bowe te kom.
- Dit is duur en moeilik om te administreer.
- Dit is gekenmerk deur ontduiking, twiste, korrupsie en litigasie.
- Dit het gelei tot onsekerheid van verblyfreg.
- Dit ontmoedig grondverwante beleggings.
Pringle het bygevoeg dat die voorgestelde stelsel duur sal wees, en dat die groot administrasiekoste enige potensiële voordele wat die Regering wil instel, sou oortref.
Boonop sal die voorgestelde skema beplanning baie moeilik maak omdat stukkies landbougrond oral van plase uitgesny sal kan word. Dit sal waarskynlik boere en begunstigdes met onekonomiese eenhede laat.
Agri SA is ook van mening dat die wetsontwerp grondwetlike uitdagings behels en dat die organisasie 'n regsmening daaroor inwin.