AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Grondplanne 'laat boere plase verkoop'

Politieke uitsprake oor grondbesit laat sommige boere van hul plase verkoop.

Onsekerhede rondom politieke uitsprake oor grondbesit laat sommige boere planne maak om hul risiko's te versprei deur van hul plase te verkoop, sê mnr. Boeta Konig, plaasbemarker van National Real Estate.

Die agentskap bemark en verhuur plase en ander eiendomme in die Vrystaat en die Noordoos-Kaap.

Konig sê boere wat hul plase daar weens politieke onsekerhede verkoop, koop dan kommersiële geboue, pakhuise en woonstelgeboue in Bloemfontein, waaruit hulle 'n goeie huurinkomste kan kry terwyl die eiendomme se waarde ook groei.

In dieselfde asem vertel Konig hoe gesog watertafellande in die Bultfontein-, Hoopstad- en Wesselsbron-omgewings in die Noord-Vrystaat is, veral onder mielieboere. Dit is só gesog dat eiendomsagente verkope hiervan as “nagtransaksies” bestempel.

Die verkoper verkoop gewoonlik regstreeks aan die koper, sonder dat 'n agent betrokke is. Die koper is gewoonlik 'n boer uit die omgewing of 'n buurman wat wil uitbrei .

Sulke plase, wat danksy hoë watertafels in droë tye meer vog hou, verkoop nou teen sowat R50 000/ha vergeleke met sowat R15 000/ha vyf jaar gelede.

Konig sê hierdie omgewings bied boere boonop goeie reënval met hoë opbrengste op kontantgewasse.

In die gebiede waar Konig werk is daar ook 'n groeiende vraag by skaapboere na veeplase met 'n bietjie besproeiing. Besproeiing stel hulle in staat om altyd groenvoer te hê vir ooie wat lam en reeds lammers het. Lammers word sodoende vinniger en swaarder gespeen.

'n Nuwe en groeiende neiging is 'n vraag na wildsplase, veral vir boere wat met eksotiese wild wil boer. Konig sê sulke kopers is dikwels boere uit die noordelike provinsies en KwaZulu-Natal wat weens grondeise en misdaad hul plase daar verkoop en dan 'n plaas in die Vrystaat wil koop.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+0.1%
Rand - Pond
20.96
+0.7%
Rand - Euro
18.74
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.15
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Platinum
1,022.62
+1.1%
Palladium
1,676.57
+0.4%
Goud
1,954.87
+0.2%
Silwer
24.43
+1.9%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,805
+0.1%
Alle aandele
79,978
+0.2%
Hulpbronne 10
75,070
-0.1%
Industriële 25
102,781
+0.3%
Finansiële 15
16,589
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
As jy nie probeer nie sal jy nooit weet nie...¹
LOVE my honde en my kinders. My siels vriende is vir my baie belangrik. Ek steur my nie aan drama nie. Haat shopping centres met ń passie. Alryd aan die kook, bak en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot