
Die welslae van die 246 projekte vir grondhervorming in die Wes-Kaap beloop 62%.
Van die projekte wat onsuksesvol was, het 24% voor sekere "uitdagings" te staan gekom en 14% was totale mislukkings.
Só het mnr. Mogale Sebopetsa, waarnemende hoofdirekteur van boerontwikkeling van die departement van landbou in die Wes-Kaap, gesê. Hy was 'n geleentheidspreker op ’n forum by die Universiteit Stellenbosch se sakeskool in Bellville.
Sebopetsa sê die provinsiale regering skryf sy welslae toe aan die feit dat hy met bedryfsorganisasies in die landbou saamwerk met betrekking tot grondhervorming. “Indien ons nie met die landbou saamgewerk het nie, sou ons nie hierdie welsale behaal het nie,” het Sebopetsa gesê.
“Die Regering kan nie boer nie. Dit is deur mentorskap en ander ondersteuningsdienste uit die landbou dat diegene wat in projekte van grondhervorming betrokke is, vordering kan maak.”