AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

‘Grondproses gaan hongersnood veroorsaak’

Die groenskrif oor grondhervorming gaan Suid-Afrikaners laat honger ly en die land afhanklik maak van humanitêre hulpverlening, meen mnr. Gerrit van Rensburg.

Die groenskrif oor grondhervorming gaan Suid-Afrikaners laat honger ly en die land afhanklik maak van humanitêre hulpverlening, meen mnr. Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou.

Van Rensburg het op Landbouweekblad se landbou-ekspo op die 129ste Worcester-skou die groenskrif skerp gekritiseer. “Ons moet ophou om in hierdie land swak dokumente te skryf en dit dan te regverdig as ’n dokument wat debat wil prikkel.”

Hy meen die groenskrif kan nie as rigtinggewende dokument beskou word nie. Dit fokus te veel op die verlede pleks van die toekoms. “Die voorstelle word geregverdig op grond van ’n eenogige blik op die geskiedenis. Suid-Afrika, en veral die landbou in Suid-Afrika, sal nie weer kan lyk soos in 1913 nie,” meen Van Rensburg.

Kolonialisme en apartheid

Hy is veral bekommerd oor die beskouing dat grondhervorming eers afgehandel sal wees “as alle tekens van kolonialisme en apartheid uitgewis is”. “Hoe seer moet Suid-Afrika nog kry?”

Hy is nie ten gunste van ’n groenskrif oor grondhervorming wat met die vrye mark inmeng of voorskriftelik is hoe grond gebruik behoort te word nie. “Ek is oortuig die groenskrif in sy huidige formaat gaan die land op ’n sekere pad stuur.

"Dit is nie ’n pad van duur, ingevoerde mielies nie, maar ’n pad waar ons ons trots in ons sak sal moet steek vir sakke humanitêre mielies, want ons mense gaan honger wees.”

Sy oplossing is dat grondhervorming só gedoen word dat dit vir kommersiële boere, bemagtigingsboere én tradisionele boere aanvaarbaar is. “Ons kan nie toelaat dat grondhervorming ons hoogs gesofistikeerde kommersiële sektor, wat voedselsekerheid en werk skep, knou nie.”

31 Januarie 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
One life.... Live it
Gemaklike persoon met beginsels en waardes. Te laat vir voorgee, ek is gelukkig in my eie vel en wat die lewe nog vir my inhou. Ek kan wissel van diep seun na baie sosiaal en is...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot