AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Grondpryse by Prins Albert skiet omhoog

Plase by Prins Albert se pryse het verdubbel en ’n wynplaas in die vallei is teen R94 miljoen te koop.

Plase rondom die Klein Karoo-dorpie Prins Albert wat goeie water en landbougrond het, se pryse het die afgelope vyf jaar feitlik verdubbel.

Me. Yolande Singery van die eiendomsagentskap Seeff sê pryse vir weidingplase wissel van R1 500 tot R3 000 per hektaar, afhangend van watter kant van die dorp die plaas lê omdat die reënval hiervolgens verskil.

“As dit grond is waar gewasse onder besproeiing verbou kan word en wat ook weiding het, kan  pryse gemiddeld R8 000 per hektaar beloop.”

Singery sê leefstylplasies se pryse het nóg baie meer gestyg. Die dorpie begin 'n reputasie as “die Franschhoek van die Karoo” kry, wat sommige inwoners as goed vir die dorp beskou, “maar ander is daarteen gekant dat die dorp te deftig raak en sy ouwêreldse status verloor”.

Singery skryf die gewildheid van die omgewing daaraan toe dat dit naby genoeg aan groot sentrums, soos Oudtshoorn en George, is vir plaasmasjinerie, onderdele en dienste.

Water kom meestal van boorgate omdat die riviere nie standhoudend is nie. Plase ná aan die berge kry water uit fonteine. Die beskikbaarheid van water beïnvloed beslis die prys, sê Singery.

Kopers sluit boere van elders in die land maar ook stedelinge in. Van die kopers soek spesifiek afgeleë plase, ver van openbare paaie. Dan is daar ook plaaslike mense wat koop om hul grond uit te brei.

Die meeste boere boer met skape en op die bewerkbare plase lyk dit volgens Singery asof 'n verskuiwing na saadproduksie plaasvind.

Wortel- en veral uiesaad word onder meer verbou, lusern word geplant, en nuwe boere begin met wild vir jagdoeleindes boer.

Die omgewing is bekend vir sy vye en die afgelope paar jaar word olywe op groot skaal verbou. Die wynplase is hoofsaaklik in die Prins Albert-vallei.

Die Bergwater-wynkelder van 1 500 ha word nou teen R94 miljoen deur Seeff bemark. Die eiendom het waterregte vir 86 ha besproeiing en verder onder meer 63 ha wingerd, 8 ha olyfbome, 'n vliegveld, restaurant en gastehuise.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.69
+0.8%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.63
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.44
+1.6%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,720.81
+1.2%
Silwer
20.99
+1.3%
Palladium
2,328.20
+4.7%
Platinum
928.72
+2.7%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.4%
Alle aandele
66,313
+3.3%
Hulpbronne 10
64,568
+4.7%
Industriële 25
80,073
+3.3%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
Hierdie suikerbosie Wil saam jou Onder sterre en maanlig wees
My hart is opreg en ook net opsoek Na my Boer my baby Ek het waardes en my grootste trots is dat God my God is s
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot