
Die volgende ontleding van grondverkope in Suid-Afrika is van transaksies vir grond wat groter is as 20 ha in die Oos- Kaap vanaf Oktober verlede jaar tot September vanjaar.
In dié tyd is 343 ooreenkomste in 32 distrikte gesluit wat 235 775 ha teen R2,040 miljard behels het. By amper 44% van die distrikte in die provinsie (grootliks in die ooste) het pryse gedaal.
Daarvan was 53 transaksies van kleur, of 15,4% van die totaal. Dié soort transaksies sluit in verhandelings tussen individue (39), regeringsaankope van landbougrond (12) asook grond verkry vir munisipale gebiede (1), en private aankope. Altesame 25 279 ha (10,7% van die totaal) is in dié proses teen R255 miljoen (12,5 % van die totale waarde) verhandel.
Uit die totaal was 63 (18%) transaksies vir grond kleiner as 50 ha met 54% van die transaksies vir grond groter as 300 ha.
Van die distrikte wat die aandag trek, is Maclear, waar die gemiddelde neiging oor die afgelope jaar 'n afname van 26,7% wys; in Queenstown waar die gemiddelde neiging 34,5% afwaarts is, en Steytlerville, waar die gemiddelde neiging ook 45,2% afwaarts is. Die neigings is vir transaksies wat die afgelope jaar beklink is, waarvan vyf in Steytlerville, vier in Queenstown en nege in Maclear.
Lees die verskillende afdelings van die ontledings van Plaasverkope op Landbou.com hier:
* Statistiek oor die verhandeling van landbougrond per distrik binne 'n provinsie vir die afgelope 12 maande.
* Opsomming: Meer besonderhede oor plaasverkope binne 'n distrik vir die afgelope 12 maande.
* Verspreiding bevat besonderhede oor die randwaarde per hektaar van transaksies in elke distrik van Suid-Afrika.
* Johann Bornman is 'n ekonoom en voorsitter van Agri Development Solutions
? Op 16 November 2016 was altesaam 16 240 plase in die Oos-Kaap in die mark op Landbou.com se Plase te koop-platform.