
Altesame 22 van 42 distrikte in die Vrystaat het stygende grondprysneigings van Januarie tot Desember verlede jaar getoon. Die ontleding is vir grond van meer as 10 ha.
In dié tyd is 705 ooreenkomste in 42 distrikte gesluit, wat 310 118 ha teen R4,311 miljard behels het. Daarvan was 57 transaksies van kleur – 8,1% van die totaal.
Dié soort transaksies sluit in verhandelings tussen individue (39), regeringsaankope (3) en grond verkry vir stedelike ontwikkeling (6). Dit het 14 067 ha (4,5%) teen R784 miljoen – 18,2 % van die totale waarde – behels.
Groter transaksies
Van die totaal was 58 transaksies vir grond van minder as 50 ha (8,2%), met die meeste transaksies (356 of 50,5%) vir grond van 300 ha of meer.
Van die distrikte waar grondpryse die grootste opwaartse neigings getoon het, is Wepener met 15,8%, en Heilbron en Parys met 10,3% elk. Pryse het oor die jaar-tydperk in Ficksburg met 17,9% gedaal, en met 15,8% in Viljoenskroon.
Lees die verskillende afdelings van die ontledings van Plaasverkope op Landbou.com hier:
* Statistiek oor die verhandeling van landbougrond per distrik binne 'n provinsie vir die afgelope 12 maande.
* Opsomming: Meer besonderhede oor plaasverkope binne 'n distrik vir die afgelope 12 maande.
* Verspreiding bevat besonderhede oor die randwaarde per hektaar van transaksies in elke distrik van Suid-Afrika.
* Johann Bornman is 'n ekonoom en voorsitter van Agri Development Solutions.