
In sy weeklikse ontleding van plaasverkope in Suid-Afrika, bevind mnr. Johann Bornman van Agri Development Solutions dié stand van sake. Die ontledings van grondverkope wat hy vir Landbou.com en Landbouweekblad doen, is vir grond van meer as 10 ha.
In dié tyd is 699 ooreenkomste gesluit, wat 313 151 ha teen R4,356 miljard behels het. Daarvan was 60 transaksies van kleur – 8,5% van die totaal. Dié soort transaksies sluit in verhandelings tussen individue (40), regeringsaankope (4) en grond verkry vir stedelike ontwikkeling (6). Dit het 16 027 ha (5,1%) teen R801 miljoen – 18,4% van die totale waarde – behels.
Van die totaal was 55 transaksies vir grond van minder as 50 ha (8%), met die meeste transaksies (350 of 50%) vir grond van 300 ha of meer.
Van die distrikte waar die grootste gemiddelde afwaartse neigings voorgekom het, is Philippolis (-19,8%) en Ficksburg (-17,9%).
In Edenburg was die gemiddelde opwaartse neiging egter 17,5% en in Wepener was dit 15,8%.
Lees die verskillende afdelings van die ontledings van Plaasverkope op Landbou.com hier:
* Statistiek oor die verhandeling van landbougrond per distrik binne 'n provinsie vir die afgelope 12 maande.
* Opsomming: Meer besonderhede oor plaasverkope binne 'n distrik vir die afgelope 12 maande.
* Verspreiding bevat besonderhede oor die randwaarde per hektaar van transaksies in elke distrik van Suid-Afrika.
* Johann Bornman is 'n ekonoom en voorsitter van Agri Development Solutions.