
In altesame 22 van die 42 distrikte in die Vrystaat het dalende grondprysneigings in die 12 maande tot April vanjaar getoon. Die ontleding van grondverkope kan hier gesien word. Dit is alles vir grond van groter as 10 ha.
In dié tyd is 709 ooreenkomste gesluit, wat 325 969 ha teen R4,536 miljard behels het. Daarvan was 60 transaksies van kleur – 8,4% van die totaal.
Dié soort transaksies sluit in verhandelings tussen individue (46), regeringsaankope (4) en grond verkry vir stedelike ontwikkeling (4). Dit het 15 154 ha (4,6%) teen R812 miljoen – 17,9% van die totale waarde – behels.
Meeste transaksies
Van die totaal was 63 transaksies vir grond van kleiner as 50 ha (9%), met die meeste transaksies (360 of 51%) vir grond van 300 ha of groter.
In Parys is 11 transaksies van 2 055 ha oor die afgelope jaar beklink. Die gemiddelde prys was R212 342 per hektaar, maar dit is 'n afname van 24% teenoor die vorige jaar.
In Kroonstad het grondpryse egter met 22,8% gestyg, soos blyk uit die24 transaksies wat beklink is. Die gemiddelde prys per hektaar vir die 12 maande was R57 556.
In Ficksburg neig pryse op
In Ficksburg het die 38 transaksies vir 17 423 ha 'n stygende neiging van 19,7% tot gevolg gehad.
Statistieke, soos bogenoemde, is vir ál die provinsies op Landbou.com beskikbaar, asook meer besonderhede, soos wie die transaksies aangegaan het. Klik hier. Dit behels:
¦ Statistieke.
¦ Besonderhede oor alle plaasverkope binne ’n distrik.
¦ Ontleding van die randwaarde per hektaar van transaksies in elke distrik.
* Johann Bornman is voorsitter van Agri Development Solutions (ADS) jchb@mweb.co.za