AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Grondtransaksies in Limpopo lyk verdag

Die provinsiale regering van Limpopo het bykans R1,2 miljoen per hektaar betaal vir grond van ’n maatskappy wat deur hooggeplaaste ANC-politici besit word.

Die provinsiale regering van Limpopo het bykans R1,2 miljoen per hektaar betaal vir grond van ’n maatskappy wat deur hooggeplaaste ANC-politici besit word. In die distrik Dendron is ’n plaas van 49 ha vir R58 379 000 en by Lephalale ’n plaas van 547 ha vir R39 330 000 van Thubelisha Homes gekoop.


Dié transaksies is in Landbouweekblad se Plaasverkope (deur Windeed) van 1 April gepubliseer. Die maatskappy se direkteure is mnre. Manye Richard Moroka, Itumeleng William Kotsoane en me. Dimakatso Elizabeth Moraka.


Moroka en Kotsoane is albei Vrystaters en albei was in ’n stadium direkteur-generaal van ’n nasionale department – Moroka van Openbare Werke en Kotsoane van Huisvesting. Kotsoane, ’n uitvoerende lid van die ANC, was ook Vrystaatse minister vir plaaslike regering en behuising, van omgewingsake en toerisme en van openbare veiligheid.


Moroka se eerste pos in ’n nasionale departement was by die destydse Departement van Landbou en Grondsake waar hy hoofdirekteur van grondhervorming was. Moraka is in die kommunikasiebedryf en was lank verbonde aan Anglo American en die Kamer van Mynwese.


Sy was later ’n kontrakteur en koördineerder vir behuisingsprojekte van die Gautengse departement van behuising. Sy het in die direksie gedien van ’n staatsmaatskappy vir behuising, Servcon, asook die groter Germistonse raad se behuisingsvereniging en SiyaQhibeka Forests (SQF).


Thubelisha Homes was ’n regeringsagentskap vir behuisingsontwikkeling wat ten gronde gegaan het waarna dit oorgeneem is deur genoemde direkteure as ’n private onderneming.


Moroka en Moraka het albei in die direksie gedien toe dit nog ’n semi-staatsinstelling was. Verlede jaar het ’n transaksie ook die wenkbroue laat lig toe die Limpopose department van landelike ontwikkeling en grondhervorming ’n plaas van 81 ha by Modjadjieskloof van die sakeman, mnr. Michael Toulou gekoop het vir R14 miljoen – sowat R172 839/ha.


Toulou het sterk bande met die Regering. Hy is saam met mnr. Ngoako Ramathlodi, vorige premier van Limpopo, deur die destydse Skerpioene ondersoek vir bedrog en korrupsie met ’n staats-tender van R750 miljoen. Buitensporige bedrae wat in verdagte transaksies deur die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming vir grond betaal word, het grondeienaars warm onder die kraag.


“Sulke pryse verwring markwaardes en skep ’n presedent vir toekomstige plaasverkope wat dit onmoontlik maak vir bestaande boere om uit te brei of vir nuwe boere om in die mark in te kom,” sê die Kwambonambi Boere- en Houtkwekersverening van KwaZulu-Natal.


In ’n brief waarin die vereniging ’n beroep op Kwanalu doen om die saak te ondersoek, sê die vereniging die departement het R105 000/ha in Februarie vanjaar betaal vir die plaas Jengro Estates. Dit is dubbel die heersende prys vir ’n suikerriet-plaas en ’n onekonomiese prys vir droëland suikerrietboerdery, sê die vereniging.


“Die opgeblaasde grondwaardes lei tot hoër munisipale eiendomsbelasting vir kommersiële boere sonder enige uitwerking op grondhervormingsplase wat daarvan vrygestel is. Ons steun grondhervorming, maar is gekant teen onrealistiese pryse om dit te bereik. Dit het ’n skadelike uitwerking op markkragte en beteken die Regering het minder geld om aan die koop van beskikbare grond te bestee.”


Die departement het by navraag gesê hy kan nie op die transaksies reageer voor die betrokke plaasnommer en registrasieafdeling nie verskaf word nie.


16 Mei 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.24
+1.8%
Rand - Pond
21.18
+0.7%
Rand - Euro
18.20
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.75
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+1.5%
Goud
1,797.21
-0.1%
Silwer
23.07
-0.4%
Palladium
1,917.51
+0.9%
Platinum
1,023.00
+0.3%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,285
+1.5%
Alle aandele
75,425
+1.5%
Hulpbronne 10
75,053
+1.4%
Industriële 25
92,483
+1.0%
Finansiële 15
15,891
+3.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese reisende kok wil jou lewe bietjie geur...
Opregte, eerlike, liefdevolle advontuurlustige siel, wat hou van die natuurlewe, kosmaak, visvang en die buitelewe. Romantiese aande om te dans saam iemand wat my siel en hart...
Altyd sonnig en vol pret
Altyd sonnig en vrolik. Intelligent met n groot sin vir humor. Groot hart. Jy sal altyd glimlag of lag met my in die omtrek
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot