
Die swart Namibiese jeug meen hulle het alleenreg op Namibië, maar hierdie begeerte om grond links en regs by wit boere te gryp, sal nie geduld word nie, het dr. Hage Geingob, Namibiese eerste minister, gesê.
Geingob het gesê dat grond nie 'n romantiese saak is nie: “Dit is 'n emosionele en ernstige saak en die volk het intussen versoen.” Hy het gesê dis onbillik om blanke nasate vir hul voorouers se sondes te laat betaal en te redeneer dat hulle ook die grond gesteel het. “’n Wit kind het net soveel reg tot grond soos 'n swart kind.”
Hy het ook daarop gewys dat produktiewe plase aan mense sonder kundigheid gegee is, en het beklemtoon dat dit nie herhaal gaan word nie. 'n Groot aantal jeugdiges sal net 'n dag op 'n plaas kan uithou, het hy herinner. Want “boerdery is nie grappies nie”.
Bron: Die Republikein.