Daar was 204 stemme ten gunste van en 145 stemme gekant teen die wysiging, wat beteken ’n tweederde-meerderheid is nie behaal nie.
Die ANC het egter gesê hy sal die grondhervormingsproses voortsit deur wetswysigings soos dié op onteiening, herverdeling van grond, en die wysigingswetsontwerp op die opgradering van grondbesit.
Pres. Cyril Ramaphosa het ook wysigings aan die Wet op die Opgradering van Grondbesit (Wet 112 van 1991, ook bekend as Ultra) bekragtig, wat beteken dat verblyfreg in eienaarskap omgeskakel kan word.