AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Groot aanslag kom teen brusellose

Die linies word opgestel om brusellose te beheer en uiteindelik heeltemal in Suid-Afrika uit te roei.

Die linies teen die verwoestende siekte brusellose wat die land jaarliks miljoene rande se skade berokken, word opgestel vanuit die geledere van veeartse en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye in ‘n poging om dit te beheer en uiteindelik heeltemal uit te roei.

Volgens die Augustusverslag van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA) is brusellose een van die belangrikste siektes waarna boere moet oplet. Brusellose versprei ongehinderd in ‘n paar Suid-Afrikaanse provinsies. Die Departement van Landbou, Bos en Visserye span nou saam met die Nasionale Dieregesondheidsforum in ‘n poging om dit te beheer en uiteindelik uit te roei.

Dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die forum, sê boere, lewendehawe-organisasies, die departement en die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging deur RuVASA moet almal toegewyd in hierdie taak wees as Suid-Afrika oor die volgende paar jaar daarin wil slaag om brusellose onder beheer te bring.

Die forum gaan in die komende maande in samewerking met die departement verklarings uitreik om die bewustheid vir die siekte te verhoog.

Kyk na die tabel hieronder vir die siektes en toestande wat gedurende Augustus by dr. Faffa Malan, RuVASA se bestuurder, aangemeld is.

Inwendige parasiete

Talle verslae van inwendige parasiete is vanuit al die provinsies ontvang, al was dit gedurende Augustus nog droog. Wanneer dit reën, sal groot verliese voorkom onder diere wat in ‘n swak kondisie is en weens haarwurms wat dan sal voorkom.

Bruin maagwurms (Vrystaat en Wes-Kaap), weerstandige rondewurms (Mpumalanga, Gauteng en Vrystaat), knoppieswurm (Noord-Kaap) en oogwurm (Wes-Kaap) is aangemeld. Kleinveeboere moet oplet na tekens van besmetting soos bloedarmoede, kwakkeel, maagwerking en gewigsverlies.

Lintwurms het in Mpumalanga, Gauteng, Noordwes, Vrystaat, KwaZulu-Natal en Wes-Kaap voorgekom. Herkouers word met melklintwurms besmet wanneer hulle op gras wei waarop met masel besmette grasmyte voorkom.

Veeartse het parafilaria in Limpopo, Noordwes en KwaZulu-Natal aangemeld. Hierdie parasiete veroorsaak vals kneusings en boere ly gevolglik verliese wanneer dit by abattoirs van die karkasse afgesny word.

Baie vee wat weens PEM-sindroom (proteïen-en-energietekort) gevrek het, het erge besmettings van lewerslakwurms gehad omdat hulle rondom stilstaande water wei. Boere moet oplet na simptome soos kwakkeel,  gewigsverlies en  bloedarmoede.

Peervormige slakwurmbesmetting wat erge maagwerking veroorsaak wat tot vrektes lei, is in Mpumalanga, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Oos-Kaap, Wes-Kaap en Noord-Kaap aangemeld.

Uitwendige parasiete

Bosluise is ondanks droë toestande oral in Suid-Afrika aangemeld. Om swaar besmettings van volwasse bruinoorbosluise in die somer te voorkom, moet boere hul beeste reeds in die winter behandel om die onvolwasse stadiums te beheer. Bosluise is draers van ernstige siektes soos Asiatiese en Afrikarooiwater, hartwater, anaplasmose en knopvelsiekte.

Luise is gedurende die winter ‘n groot las. Hulle veroorsaak dat kleinvee jeuk en wolskade kom voor.

Pasop vir insekte, veral muggies en muskiete, en vee moet betyds ingeënt word teen bloutong, knopvelsiekte, drie-dae-stywesiekte, Slenkdalkoors, Wesselsbronsiekte, perdesiekte en anaplasmose.

Bosluis- en insekoordraagbare siektes

Gevalle van Afrikarooiwater, Asiatiese rooiwater, anaplasmose en hartwater het in verskeie provinsies voorgekom. Namate bytende insekte en bosluise toeneem, sal hierdie siektes styg en groot veeverliese veroorsaak. Vra ‘n veeartse uit oor ‘n inentingsprogram.

Geslagsiektes

Biosekerheid is onontbeerlik om slagsiektes soos trigomonose onder beeste hok te slaan. Boere moet seker maak hulle koop siektevrye bulle, aangesien geslagsiekes die kalfpersentasie met 60% en selfs méér kan laat daal.

Bakteriese siektes

Die ernstigste veesiekte bly steeds brusellose. Volledige inligting oor die gevaar en beheer van dié kuddesiekte is in die rubriek Vra vir Faffa op landbou.com verkrygbaar. Klik op Indeks van Antwoorde en daarna onderskeidelik op beeste, siektes, brusellose en die verskillende antwoorde.

Verskeie voorvalle van sponssiekte is deur veeartse aangemeld. Dit kan deur inenting en skraagdosisse voorkom word.

Pasop vir botulisme wat deur ‘n dodelike toksien veroorsaak wat in karkasse, hoendermis wat kuikens en vere, asook bale wat hoë vlakke van prote?en bevat. Dit word met entstof verhoed.

Johne se siekte versprei en Malan sê boere moet seker maak vee wat hulle koop, kom uit siektevrye kuddes.

RuVASA se verslag word maandeliks opgestel uit inligting wat van veeartspraktyke ontvang word. Die doel is om boere in te lig oor die voorkoms van siektes, maar veral om siektes wat in hul gebied voorkom of kan voorkom, voorkomend te bestry en te let op diere wat met siektes en parasiete ingekoop word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.13
-0.7%
Rand - Pond
20.07
+0.1%
Rand - Euro
17.66
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,697.20
-0.9%
Silwer
20.13
-2.6%
Palladium
2,185.00
-3.4%
Platinum
917.50
-0.9%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Sprankelende nooi opsoek na opregte man
Ek is n vrou wat baie gou vir mense omgee en altyd wil help waar ek kan. My hart is baie sag. As ek lief is vir iemand dan gee meer as net 100% ek beskerm, versorg , bederf, gee...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot