AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Groot boom in SA veekunde val

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Danie Bosman. Foto: Johan Norval
Mnr. Danie Bosman. Foto: Johan Norval
'n Groot gees in die veebedryf is die naweek na 'n kort siekbed oorlede.

Mnr. Danie Bosman, ’n wêreldbekende en gerespekteerde veekundige, is Saterdag, 15 Januarie, op die ouderdom van 84 jaar oorlede.

Sy vrou, Elsa, sê die egpaar het covid-19 opgedoen en hy het boonop ook longontsteking gekry. Volgens haar het sy toestand mooi verbeter, maar Donderdag (13 Januarie) is ’n kankergewas ontdek wat begin bloei het. Hy was toe al ’n week in die hoësorgeenheid en was te swak vir ’n operasie. “Dit het sy lewe gekos. Ek is net dankbaar dat dit vinnig verby was,” sê sy. “Hy het nooit van pyn gekla nie en die Here het hom baie lyding gespaar.”

Vir sy oudkollegas en betrokkenes in die beesbedryf is Bosman se heengaan ’n groot boom wat geval het.

Volgens mnr. Leslie Bergh van die Landbounavorsingsraad (LNR) was oom Danie, soos sy kollegas hom genoem het, jare lank tot met sy aftrede die hoof van die nasionale vleisbeesprestasietoetsskema van die Navorsingsinstituut vir Vee- en Suiwelkunde (NIVS), later die Diereproduksie-instituut, op Irene. “Hy was jare lank my mentor en ek het baie by hom geleer. Hy was ’n wonderlike, sagmoedige mens wat ’n pragtige voorbeeld gestel het hoe om jou Christenskap uit te leef,” sê Bergh.

Wyle dr. Jan Hofmeyr, eertydse direkteur van die NIVS, het vroeër in sy huldeblyk aan Bosman tydens die 50-jarige viering van die Bonsmara-ras gesê hy het wel nie die Bonsmara ontwikkel nie, maar Bosman en sy personeel het ’n leidende rol gespeel in die bevordering van die ras met ’n lewensvatbare genetiese poel. Bosman was ’n tydgenoot en medewerker van prof. Jan Bonsma, wat die Bonsmara ontwikkel het.

Bosman was sedert sy aftrede by Irene in April 2000 die beskermheer van die Bonsmara. Hy was betrokke by die seleksie van embrio’s vir die eerste 60 Bonsmara-koeie vir die ontwikkeling van die Montana-ras in Brasilië. Hy het ook die Bonsmara-stelsel in die buiteland tydens lesings en praktiese demonstrasies bevorder.

Hy word oorleef deur sy vrou, drie kinders en hul gesinne.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.11
+0.5%
Rand - Euro
17.71
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot