AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Groot eer vir dr. Faffa Malan

Die kanseliersmedalje van die Universiteit Pretoria is aan dr. Faffa Malan, bekende veearts, toegeken.

Die landbou se eerste virtuele veearts, dr. Faffa Malan, het die kanseliersmedalje van sy alma mater, die Universiteit van Pretoria ontvang.

Dié toekenning word gemaak aan individue wat hulself in die openbare lewe onderskei op terreine wat buite die suiwer akademiese sfeer is, soos die kunste, maatskaplike diens en uitvindings. Normaalweg word hoogstens twee toekennings per jaar gemaak.

Die fakulteit veeartsenykunde aan die UP het Malan vir dié toekenning benoem vir sy voortreflike diens aan die skaapbedryf, met spesifieke verwysing na die navorsing en die werk wat hy gedoen het in verband met helmintologie.

Nadat dr. Francois (Faffa) Malan in 1968 as veearts gekwalifiseer het aan die Universiteit van Pretoria, het hy as private veearts in Vrede, gepraktiseer. In 1977 is hy aangestel as bestuurder van die Malelane Navorsingsinstituut van Hoechst Farmaseutika, wat in 2000 oorgeneem is deur Intervet (Edms) Bpk.

Drie vlakke van bydraes
In 2002 het hy na Pretoria verhuis om aan te sluit by die hoofbestuurspan van Intervet in Kempton Park, waar hy werksaam was tot sy aftrede in 2008. Hy het op drie vlakke tot die veeartsenywetenskap bygedra: As wetenskaplike, as korporatiewe bestuurder en as uitsonderlike kommunikator om wetenskaplike vooruitgang aan die algemene publiek oor te dra.

Die hooffokus van sy navorsing was gemik op die ontwikkeling van weerstandigheid in verskeie parasiete teen wurmmiddels en in besonder die metodes van wurmbeheer in skape. Sy belangrikste bydrae was die ontwikkeling en toepassing van 'n revolusionêre nuwe benadering om weerstandige haarwurm, die gevaarlikste parasiet van skape, te beveg. Oor die jare heen het wurmmiddels gaandeweg hul doelgtreffendheid verloor weens die seleksie van weerstandige wurms. Dit het die voortbestaan van die kleinveebedryf bedreig. Malan het waargeneem dat daar in elke besmette kudde wel individuele skape is wat oorleef, selfs indien daar geen behandeling toegepas is nie. Hy het besef dat indien hierdie individue ge?dentifiseer kon word, dit sal lei tot die drastiese afname in die gebruik van wurmmiddels asook in die ontwikkeling van weerstandigheid.

Dit het gelei tot die konsep van Doelgerigte Selektiewe Dosering (DSD), 'n proses wat in die geval van haarwurms vergemaklik word deur die gebruik van 'n eenvoudige, kleurkaarttoets (genoem FAMACHA – FAffa MAlan CHArt as eerbewys aan hom). Hierdeur word die graad van bloedarmoede, die eerste teken van haarwurmbesmetting, bepaal. Hierdie toets is verfyn, beproef en wêreldwyd begroet as die eerste praktiese metode om DSD op plase toe te pas. Dit is internasionaal bekend gestel in 2001 en het die voorkeurkeuse in baie lande geword, wat almal die sukses van die toets bevestig het en betekenisvolle ekonomiese voordele gerapporteer het.

Lesings aan studente
Malan was ook betrokke by verskeie ander wetenskaplike ontdekkings, geplubiseer in 40 wetenskaplike publikasies in beoordeelde joernale en gerapporteer tydens verskeie wetenskaplike kongresse. Hy word dikwels genooi om lesings aan studente te gee en het as eksterne eksaminator vir veeartsenystudente opgetree. Hy het ook lesings gegee aan opgeleide veeartse van ander Afrikalande deur die organisasie Animal Aid Africa.

In sy korporatiewe hoedanigheid as wetenskaplike bestuurder het hy 'n blywende bydrae gelewer. Hy het 'n belangrike rol gespeel in die bemarking, produkontwikkeling en tegniese ondersteuning van veeartsenyprodukte in die Suidelike Halfrond.

Ná sy aftrede is hy versoek om die bestuur van die Veegesondheid en Produksiegroep, 'n afdeling van die SA Veeartsenyvereniging, oor te neem waar hy tans 'n belangrike bydrae lewer om met die hulp van veeartse landswyd die voorkoms van dieresiektes in die land te monitor. Hy het talryke gewilde wetenskaplike artikels in die algemene landboupers publiseer en is outeur van 'n reeks populêre wetenskaplike boeke geskryf vir die boere van Suid-Afrika.

Werk in naburige lande
As ‘n gesogte spreker het hy reeds 'n groot aantal parasietwerkwinkels deur die RSA, Namibië en Botswana aangebied waar gevestigde en ontwikkelende boere opleiding kon ontvang. Hy is ook verantwoordelik vir die baie gewilde elektroniese vraag-en-antwoord reeks wat sedert 2005 deur die Landbouweekblad op sy webwerf aangebied word. Tot op datum het dié program reeds meer as 7 miljoen besoekers gelok.

Malan is in 2007 as Landbouskyrwers SA se nasionale Landboukundige van die Jaar aangewys.

Uit erkenning vir sy uitstaande bydrae as 'n wetenskaplike, korporatiewe bestuurder en kommunikator in die oordra van wetenskaplike inligting aan die algemene publiek en die opleiding en ontwikkeling van landbouers wêreldwyd het die Universiteit van Pretoria besluit om aan dr. Malan die Kanseliersmedalje toe te ken. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.06
+0.1%
Rand - Pond
19.29
+0.2%
Rand - Euro
17.30
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,629.02
+0.4%
Silwer
18.39
+0.2%
Palladium
2,077.00
+1.7%
Platinum
851.70
-0.2%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot