AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Groot haelskade vir groenteboer

’n Gautengse groenteboer het duisende rande se skade aan sy groente-oes ná ’n haelstorm Gauteng getref het.

Sowat 80 000 koppe blaarslaai het reg gestaan op die lande by Costa Farms naby Nigel vir oes dié week, en nou gaan slegs sowat 10 000 afgehaal kan word.

Mnr. Manny Gouveia, eienaar van Costa Farms en Agri Veg, sê die haelstorm wat dele van Gauteng Saterdag, 20 Oktober 2012, getref het, het kwaai skade aan sy blaarslaai, spinasie, kool, blomkool, rape en beet aangerig.
 
“Ek skat die skade aan net die blaarslaai-oes op tussen R150 000 en R200 000,” vertel Gouveia. Hy sê die oes van die 10 000 koppe wat wel gebruik kan word, gaan sy produksiekoste opstoot, want die buiteblare is beskadig. Dit beteken dié blare moet met die hand afgetrek word. Die verpakking van die kleiner koppe is ook duurder. Die kleiner koppe gaan die inkomste wat hy sou verdien het, verklein.
 
Gouveia lewer gemiddeld 80 000 koppe blaarslaai per week aan varsproduktemarkte.
 
Ander gewasse
Die skade aan die kool-oes is nog nie bepaal nie, maar Costa vertel dat die koolkoppe tot op ’n diepte van 5cm beskadig is, wat beteken hy moet eintlik die hele oes afskryf. “Dis altyd ’n dobbelspel met groente. Die ergste is die storm het sowat vyf minute geduur en al wat jy kon doen, is om te staan en kyk hoe alles platgeslaan word.”
 
Die haelkorrels was tot 12mm in deursnee, en Costa sê hael van 3mm in deursnee kan reeds groot skade aanrig. Hy sê dit was wel nie die ergste storm wat hulle al getref het nie.
 
Die skade aan die spinasie-oes verhoog ook Costa se arbeids- en verpakkingskoste, want van dié blare moet met die hand opgetel en afgewas word of met die hand afgepluk word. Hy het ook ligte skade aan sy wortel-, pietersielie- en prei-oes.
 
“Ons hoop werklik dat die weerstoestande die seisoen nie die finasiële druk waaronder groenteboere reeds gebuk gaan, sal vererger nie. Met so baie ander faktore wat ons as kommersiële gewasverbouers se bestaan bedreig, is dié onlangse haelskade ’n reuse-terugslag,” aldus Gouveia.

Kyk hier na 'n video van die hewige haelstorm wat dele van Gauteng getref het.
 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.71
+0.7%
Rand - Pond
20.11
+0.5%
Rand - Euro
17.57
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,712.93
+0.8%
Silwer
21.01
+1.4%
Palladium
2,320.00
+4.3%
Platinum
926.50
+2.4%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,435
+2.7%
Alle aandele
65,902
+2.6%
Hulpbronne 10
63,869
+3.6%
Industriële 25
79,464
+2.5%
Finansiële 15
14,061
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opskrif
Ek is fun Om mee SAAM te wees. Hou van lag en Om te bederf. Hou van Kos maak, movie, shopping, uit eet, rond te loop in malls love Dans rugby braai . Om te hug hande vas the Hou...
Hierdie suikerbosie Wil saam jou Onder sterre en maanlig wees
My hart is opreg en ook net opsoek Na my Boer my baby Ek het waardes en my grootste trots is dat God my God is s
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot