AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9000
50,00
CORN
07 Okt
-
4883
-10,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10630
150,00
WEAT
07 Okt
-
7350
9,00
WMAZ
07 Okt
-
4960
-5,00
YMAZ
07 Okt
-
4640
-20,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Groot mielie-oes kom as weer saamspeel

As die komende seisoen normale reënval bring kan Suid-Afrika ’n mielie-oes van tot 13 miljoen ton sien.

Boere gaan hierdie seisoen voluit gaan om mielies te plant en ’n oes van 13 miljoen ton is moontlik. Dit sal pryse nader aan uitvoerpariteit dwing, wat waarskynlik onder R2 000/ton sal wees, is mnr. Christo Booyens, besturende direkteur van Tradevantage se verwagting.

Hy het in ’n aanbieding by ’n vergadering van die Mielieforum in Pretoria gesê om gelyk te breek word gekyk na ’n produsenteprys van tussen R1 850/ton en R2 000/ton met ’n verwagte Safexprys van R2 150/ton tot R2 300/ton.

“Besproeiingsboere sal nog probeer baat by die prysverskil van R300/ton vir wit teenoor geel mielies in Maart en droëlandboere by die verskil van R800/ton tussen Maart en Mei.” Booyens waarsku dat ’n groot internasionale aanbod van mielies en sojabone veroorsaak dat daar baie min prysondersteuning vir Suid-Afrika se 2016/’17 graan- en oliesade-oeste sal wees.

Hy het onlangs die VSA besoek en het die verwagte mielie- en sojaboonoeste daar word as monsteragtig beskryf. “Vir duisende kilometres is daar net land op land met uitstekende mielies en sojabone.”

Volgens die amptelike oesskatting in die VSA is die mielie-oes op 12 Okotber op 384 miljoen ton beraam met ’n gemiddelde opbrengs van 10,88 ton/ha. Die sojaboonoes is terselftertyd op 116 miljoen ton met ’n gemiddelde opbrengs van 3,46 ton/ha beraam.

Ook in Argentinië en Brasilië word groot oeste voorspel. Die raming vir mielies in Argentinië is 36,5 miljoen ton en vir sojabone 57 miljoen ton. In Brasilië word 83,5 miljoen ton mielies en 102 miljoen ton sojabone verwag. Booyens sê internasionaal sal die voorraad mielies die hoogste sedert 1987/’88 wees en vir sojabone die hoogste sedert 2006.

Oor die huidige invoer van mielies het mnr. Andrew Martalas, voorsitter van die SA Vereniging van Graan- en Oliesadehandelaars (Sacota) gesê alles verloop glad en 40% van die verwagte 1,85 miljoen ton geel mielies en 41% van die verwagte 850 000 ton wit mielies wat ingevoer moet word, is reeds hier.

Hy voorsien ook nie ’n probleem met die invoer van wit mielies nie, ondanks die geraamde 58 000 ton wat na buurlande uitgevoer word. “Die goeie nuus is dat meeste van die 850 000 ton wat ingevoer moet word, reeds deur die handelaars bespreek en aangekoop is. Teen 7 Oktober was 344 000 ton daarvan ook reeds in die land.”

Selfs as dit nie genoeg is nie is daar nog genoeg ander wit mielies internasionaal beskikbaar. Hy sê Meksiko het ’n baie goeie uitvoerseisoen met sowat 1,5 miljoen ton beskikbare wit mielies wat nou verleng is van Augustus/September tot die einde van die jaar. In die VSA is daar ook sowat 3,5 miljoen ton op die lande waarvan tot 1,7 uitgevoer sal word na veral Meksiko, wat dan weer mielies daar vir uitvoer beskikbaar maak.

“Die posisie lyk heel goed vir beide wit en geel mielies mits ons ’n normale seisoen voor ons het. Selfs al duur die droogte voort en ons moet 1,8 miljoen ton wit mielies invoer pleks van 850 000 ton is dit teoreties steeds moontlik, maar daar sal uitdagings wees.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.15
-0.3%
Rand - Euro
17.65
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,712.12
-0.0%
Silwer
20.76
+0.5%
Palladium
2,261.50
-0.0%
Platinum
932.00
+0.7%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,198
-0.4%
Alle aandele
65,573
-0.4%
Hulpbronne 10
63,523
+0.4%
Industriële 25
79,396
-0.8%
Finansiële 15
13,959
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net een lewe doen dit volheid
Ek soek na Liefde en harmonie, Ek is mal oor reís Lief vir golf speel en gym Om met vriende en Familie sosiaal te wees
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot