AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Groot opgewondenheid oor Donkerhoek-projek se eerste inkomste

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Donkerhoek-bemagtigingsgroep met hul duurste ram op die veiling. Dit is teen R15 000 aan ’n Lesotho-burger verkoop. Van links is mnre. Johannes Majalefa, Mahludi Senyatsi, Eddie Prinsloo (Heuningkrans), me. Mantombi Mbongo (departement van landbou), mnre. Zane Phomane (sekretaris), Koos Thibane (voorsitter) en Gerrie van der Walt (landbouvoorligter op Smithfield). Voor is mnre. Pampu Mona (links) en Tshidiso Sephaphati. Foto: Johan Norval
Die Donkerhoek-bemagtigingsgroep met hul duurste ram op die veiling. Dit is teen R15 000 aan ’n Lesotho-burger verkoop. Van links is mnre. Johannes Majalefa, Mahludi Senyatsi, Eddie Prinsloo (Heuningkrans), me. Mantombi Mbongo (departement van landbou), mnre. Zane Phomane (sekretaris), Koos Thibane (voorsitter) en Gerrie van der Walt (landbouvoorligter op Smithfield). Voor is mnre. Pampu Mona (links) en Tshidiso Sephaphati. Foto: Johan Norval
Die boere betrokke by Merino-stoetery Heuningkrans se Donkerhoek-projek kan nie uitgepraat raak oor die verwesenliking van ’n droom nie.

’n Titelakte vir hul eie plaas het ’n groep plaaswerkers volwaardig bemagtig om hul nuwe rol as produsente te aanvaar, maar dit was hul deelname aan hul mentor se 43ste produksieveiling wat die oorgang as ware boere bekragtig het. Die kersie op die koek was die gemiddelde prys van R11 500 vir vier van hul ramme met ’n hoogste prys van R15 000.

Mnr. Koos Thibane, voorsitter van die Donkerhoek-projek in die distrik Smithfield, en sy ses medeboere kan nie uitgepraat raak oor die verwesenliking van ’n eie produksie-inkomste nie.

Die groep het onlangs ná ses jaar se onderhandeling die titelakte vir die plaas Donkerhoek ontvang. Dié plaas is deur mnr. Eddie Prinsloo van die naasliggende Merino-stoetery Heuningkrans ingevolge ’n staatskema aan sy eie werkers verkoop.

Thibane en sy vriende was verheug oor die verkoop van die vier ramme vir onderskeidelik R15 000, R10 000, R8 500 en R12 500 wat hul status as boere bevestig. Hy besef egter die transaksies was nie ’n “betaaldag” nie, maar geld wat moet bydra tot die ontwikkeling van Donkerhoek. “Ons moet nou Donkerhoek ontwikkel as ’n erflating vir ons kinders wat by ons moet oorneem,” sê hy. “Wanneer hulle klaar is met skool, moet van hulle by ons oorneem.” Sy seun, die sewejarige Thabang, vra reeds begeesterd uit oor die boerdery.

Die werkers besit 51% van die bemagtigingsprojek se boerdery, en Prinsloo en sy seun, Eduard, 49%. Volgens Thibane het hulle die grootste lof vir hul mentor, Eddie, en hy bid net dat Prinsloo gespaar word om hulle tot selfstandigheid te lei.

Volgens Prinsloo was die oordrag van eienaarskap die belangrikste deel van die projek, aangesien die boerdery nou die grond as kollateraal by geldinstellings kan aanbied. “Nou kan ons begin boer. Die veebelading op die veld is nog te laag, en voertuie en trekkers word benodig. Tot dusver is my geriewe en werktuie vir Donkerhoek benut.”

Die nuwe boere het reeds ’n bankrekening, ’n produsenterekening by BKB en wolakkreditasie.

Volgens Prinsloo beoog hy en sy vennote om grond by te koop. “Dit is nou die tyd vir die private sektor om ons te help om uit te brei.”

Die bemagtiging van kommersiële boere se eie kundige mense is volgens Prinsloo die enigste manier om nuwe boere te vestig. “Dit maak nie vir my sin as die staat grond aan enigiemand sonder ondersteuning uitdeel nie. Dus, gee die manne eienaarskap en werkskapitaal, dan kan ons vooruit gaan.”

Me. Mantombi Mbongo, bestuurder van landbouvoorligtingsdiens van die Vrystaatse departement van landbou, sê die ware sukses van die projek hang van die kennisoordrag in die vennootskap af. Sy voorsien dat dié vennootskapmodel in ander gebiede herhaal sal word om die vestiging van boere te versnel.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.62
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.60
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.43
+1.7%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,724.21
+1.4%
Silwer
21.02
+1.5%
Palladium
2,312.00
+3.9%
Platinum
931.50
+3.0%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net een lewe doen dit volheid
Ek soek na Liefde en harmonie, Ek is mal oor reís Lief vir golf speel en gym Om met vriende en Familie sosiaal te wees
Believe in yourself..not everyone is the same.
Vriendlike. spontaan en liefde vol. kan met enige persoon oor die weg kom. vis vang. braai. kamp. kos maak en bak. geniet bomfire. hou van dans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot