‘n Ondersoek om ‘n groot persaanleg vir oliesade in Suid-Afrika op te rig, is deur Bunge EMEA en Senwes Beperk aangekondig.
Senwes Beperk het vandag aangekondig dat hy ‘n gesamentlike ondersoek gaan loods na die moontlikheid om ‘n grootskaalse persaanleg vir oliesaad in Suid-Afrika op te rig weens die groeiende proteïen- en plantoliemark in Suid-Afrika.
Luidens ‘n verklaring word dié moontlikheid ondersoek in reaksie op ‘n groeiende proteïen- en plantolie-mark in die land.
Die beoogde projek sal ‘n uitbreiding van die bestaande gesamentlike onderneming tussen Bunge en Senwes wees. Die twee maatskappye werk reeds saam wat die koring- en geelmielie-kommoditeitsmarkte betref. Die projek kan ‘n bewese bydrae tot volhoubare landbou in Suid-Afrika tot gevolg hê.
Voordele vir alle rolspelers
“Die kombinasie van Bunge en Senwes se vermoëns is uniek en beide partye is vol vertroue dat ons die kort- en langtermyn voordele sal lewer vir alle rolspelers in hierdie nuwe Suid-Afrikaanse voedsel- en voerketting, vanaf die boer tot die eindverbruiker,” aldus mnr. Jean-Louis Gourbin, uitvoerende hoof van Bunge Europa, Midde-Ooste en Afrika.
Mnr. Francois Strydom, besturende direkteur van Senwes, sê: ”Die projek sal sterk fokus op plaaslike verkryging van oliesade, wat die moontlikheid van ‘n winsgewende alternatiewe gewas vir produsente daar sal stel.”
Die beoogde aanleg sal na verwagting naby die oliesaadproduksiegebied, kliënte en verwerkingsfasiliteite gelëe wees. Dit sal sowat 2000 ton oliesaad per dag of 660 000 ton oliesaad per jaar kan pers. Die daaglikse perskapasiteit sal later tot sowat 3000 ton per dag verhoog kan word.
17 Februarie 2012