AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Grootfontein-veearts wéér die deur gewys

Dr. Johan van Rooyen is steeds nie terug op sy pos by die Landbou-ontwikkelingsinstituut Grootfontein nie, en Agri SA is versoek om die saak te beredder.

Die laaste salvo tussen dr. Johan van Rooyen, ’n spesialisveearts by die Landbou-ontwikkelingsinstituut Grootfontein, en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye is steeds nie gevuur nie.

Van Rooyen het Maandag vir diens by die instituut aangemeld ná ’n ses maande lange skorsing en ’n twyfelagtige dissiplinêre proses, net om ingelig te word hy moet wéér sy goed pak en huis toe gaan.

Intussen word studente-opleiding by Grootfontein nadelig geraak deur die departement se oënskynlike onvermoë om die reëls oor dissiplinêre prosesse na te kom.

Verhoor

Van Rooyen se skorsing en uiteindelike skuldigbevinding op vyf klagte kom te midde van ’n magstryd by Grootfontein tussen die vakbonde die Public Servants Association (PSA) en Nehawu. Van Rooyen is die plaaslike voorsitter van die PSA, wie se lede 'n groot deel van die akademiese program by Grootfontein behartig.

Van Rooyen is op 20 Desember deur die voorsitter van sy dissiplinêre verhoor ingelig van die uitslag van sy verhoor, waarna hy op 22 Desember per e-pos teen die bevinding appèl aangeteken het. Die dissiplinêre kode vir die staatsdiens bepaal dat ’n werknemer binne vyf dae vanaf kennisgewing kan appèl aanteken, dat die departement die appèl binne 30 dae moet afhandel en dat die werknemer binne 30 dae moet terugkeer werk toe.

Ná 30 dae het Van Rooyen vir diens aangemeld, net om ingelig te word dat die departement se personeelhoof sy skorsing steeds handhaaf omdat die direkteur-generaal Van Rooyen nog nie “amptelik” ingelig het oor die uitspraak nie. Volgens die departement kan Van Rooyen eers appèleer wanneer hy “amptelik” ingelig is.

Dít is strydig met die staatsdiens se reëls, wat bepaal dat die voorsitter van die verhoor die werknemer binne vyf dae van die verhoor oor die bevinding moet inlig. Van Rooyen sê boonop hy ís ingelig oor die bevinding.

Die departement beweer ook dat hy nie Van Rooyen se appèl per e-pos ontvang het nie en het stellig probleme met sy e-posstelsel.

Skade

Van Rooyen is al moedeloos oor die situasie, en die maande lange gesloer eis sy tol. “Ek ly onder die onmenslike gevoelloosheid van die amptenare wat my op elke moontlike manier probeer verneder en te na kom. Die onsekerheid het geweldige stres tot gevolg en dit mors my tyd as professionele mens. Ek moes al letterlik honderde bladsye verklarings en vertoë tik.  Ek het weke lank daaraan gewerk en in verhore gesit, terwyl my professionele werk as dosent stilstaan.”

Mnr. Doug Stern, voorsitter van Agri Oos-Kaap, is ontstoke oor die departement se onvermoë om duidelikheid oor die situasie te gee. “Wat my betref, is hierdie situasie ’n skande. Ek het die leierskap van Agri SA gevra om ’n afspraak met die direkteur-generaal te maak om die situasie te beredder.”

Stern sê dit is in die belang van die landboubedryf om Van Rooyen terug in sy pos te kry. “Dr. van Rooyen is verantwoordelik vir akademiese programme wat nou deur sy afwesigheid ontwrig word. Die situasie is nie regverdig teenoor dié studente wat betaal vir hul opvoeding nie. Hulle kry nie waarvoor hulle betaal het nie weens ’n vakbond se invloed by dié instelling.

“Die departement kan nie sy eie reëls volg nie en word deur Nehawu oorheers. Dit is ’n geval van die mindere wat die meerdere regeer. Nehawu is vasbeslote om van Van Rooyen ontslae te raak, maar die departement weet nie hoe om dit reg te kry nie. Nou rek hulle bloot die proses uit.”

Die departement het nog nie op Landbou.com se navrae oor die saak gereageer nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
+0.1%
Rand - Euro
18.70
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.22
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie roman!
Het 'n klein close vriende kring. Vriende sien my as iemand met 'n goeie hart en is behulpsaam. Hou baie van tyd by my huis spandeer, braai, kos maak en swem. Sal 'n goeie movie...
"Kom ons 'skryf' ons eie roman"
Sprankelende , ekstrovert! Liefdevol en hou van gesels. Hou daarvan om dinge vir ander mense te doen en te help waar ek kan. Hou daarvan om die spesiale persoon in my lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot