AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Grootskaalse meganisasie onafwendbaar

Grootskaalse werkloosheid word voorspel omdat baie boere wat nie dié lone kan bekostig nie, werkers sal moet aflê.

Die verhoging van die minimum lone van meer as 50% tot R105 per dag wat Maandag deur me. Mildred Oliphant, die Minister van Arbeid, aangekondig is, is met verbystering aangehoor. Die maandelikse minimum lone sal vanaf 1 Maart ook tot R2 274 styg.

Mnr. Ernest Pringle, voorsitter van Agri Oos-Kaap, voorspel aansienlike strukturele aanpassings in die landbousektor. “Die styging van meer as 50% is ver meer as wat as redelik beskou kan word. Boere sit aan die onderpunt van die voedselketting en die meeste landbouvertakkinge is nie in ’n posisie om kostestygings aan die verbruikers oor te dra nie. Rooivleisboere kry beswaarlik 40% van die verbruikersrand in hul sak. Om sake te vererger word die prys van diesel en elektrisiteit ook net ál duurder.”  

Pringle voorsien grootskaalse werkloosheid omdat baie boere wat nié die minimum lone kan bekostig nie, noodgedwonge werkers sal moet aflê. Ongelukkig is die Regering met die aankondiging te hardkoppig om dit te besef. Die feit dat die minister gesê het dat boere wat dit nie kan bekostig nie, aansoek om uitsluiting kan doen, is min troos aangesien dit net tot groot ongelukkigheid onder werkers gaan lei.”

Dit gaan oor oorlewing
Mnr. Hannes Joubert van Habata-boerdery in die Sondagsriviervallei en voormalige Oos-Kaapse Boer van die Jaar, sê dit gaan vir hom oor die oorlewing van sy onderneming.

“Terwyl ek hier met jou praat, is my ouditeure besig om die volle impak daarvan op my boerdery te bereken. Oor ’n week sal ons vergader om te besin hoe die werkers meer produktief aangewend kan word en in watter mate daar na meganisasie oorgeskakel moet word.”

Joubert, wat benewens sitrus ook grootskaals groente verbou, sê hy sal voortaan net aanplantings kan doen waarvoor hy vaste kontrakte het. “Arbeid verteenwoordig so ’n groot deel van my bestaande produksiekoste dat ek nie enige kanse kan waag nie.

’n Mens het gedink jy doen goed deur werksgeleenthede te skep, maar nou sal ek in plaas daarvan om onkruid met die hand uit te roei onkruiddoders gebruik. Die maatreëls wat ek gaan neem, is nie in weerwraak teenoor die werkers nie, maar bloot wat in die belang van die onderneming is.”

Mnr. Mninawa Qotoyi, ’n boer van Ida, stem saam met Joubert en sê hoewel sy werkers ook gratis byvoordele, soos behuising, melk en reg om ’n paar beeste aan te hou geniet het, hy in die lig van die minimum lone dit moontlik sal moet hersien. “Ek verwag dat my werkers se produktiwiteit in dieselfde mate as die lone moet styg omdat arbeidskoste reeds die grootste deel van my produksiekoste op die plaas verteenwoordig,” het Qotoyi bygevoeg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot