
Altesaam 86 suiwer Wes-Zambiese swartwitpense wat hulle oorsprong uit die Kafue Nasionale Park in Zambië het, word op 'n veiling in die land aangebied.
Hierdie is die grootste veiling nog van Kafue Wes-Zambiese swartwitpense in Afrika! Hierdie kenmerkende en emblematiese swartmasker-diere het hul oorsprong van top Wes-Zambiese swartwitpense uit die Kafue Nasionale Park – die hartland van dié spesie.
Dié bokke het sedert September 2009 geslote en geïsoleerd gebly, toe hulle en hul nageslag bevestig is as die eiendom van Swanvest 234 (Pty) Ltd.
Swanvest stel die bokke nou beskikbaar aan ander Zambiese wildtelers vir oorname van eienaarskap.
Die veiling is op Saterdag, 3 September by die Ananda-konferensiesentrum op die Leopard Hills Road. Besigtiging op Vrydag, 2 September, by die Swanvest-kwarantrynstasie op die Leopard Hills Road.
* Meer besonderhede in die PDF-aanhangsel onder aan die berig.
Navrae:
Chris Visser: +27(0)82 417 2127
Marelize Horne: +27(0)79 438 3187
Dewald Keet: +27(0)82 927 9650
* Lees ook: SA boer verkoop Zambiese swartwitpense en eis R42 miljoen